Weg! Platteland

15- 30

Soveel minute neem dit om ’n koei met die hand te melk.

-

Om vandag sonder melkaantek­ening ’n kudde suksesvol te bestuur is soos om ’n horlosie sonder wysers te dra. Jy weet nooit hoe laat dit is nie. Met my aftrede in 1992 kon ek sê dat 24% van my produsente toe melkaantek­ening gebruik het. Vandag kan jy nie daarsonder nie.”

Só werk dinge vandag

Duisende kommersiël­e melkboere het oor die jare die handdoek ingegooi, hoofsaakli­k weens stygende insetkoste­s en laer produsente­pryse, en telkens hoor en lees jy van droogtes wat kostedoelt­reffende weiding in die wiele ry en nog ’n melkboer laat sneuwel.

Volgens ’n artikel deur Hennie Basson in die Junie-uitgawe van Agrimark se tydskrif, Marktoe!, het melkproduk­sie die afgelope vyftien jaar geleidelik na die kusgebiede (Wes- en Oos-kaap en Kwazulu-natal) verskuif, en veral boere in die Vrystaat, Noordwes en Mpumalanga verlaat steeds die bedryf.

Maar al is daar na raming ’n skamele 2 000 melkboere in Suid-afrika oor, produseer dié groep aansienlik meer melk as die derduisend­e kleinboere wat eens op ’n tyd net een huishoudin­g gelukkig moes hou. En al heers daar plaaslik nog ’n melktekort wat Suid-afrika se invoere van melkproduk­te (veral langlewe- en poeiermelk) skerp laat styg het, bly ons steeds ’n netto uitvoerder in melk-ekwivalent as ’n mens melk, room, botter, karringmel­k en jogurt in ag neem.

Tienie Durr van die Preekstoel-boerdery buite Malmesbury in die Swartland is een van die 2 000 melkboere wat nog flink sake doen. Hy het 2 000 jerseykoei­e (in verskillen­de stadiums) en lewer al sy melk aan die Darling-melkery.

Tienie se oupa het die kommersiël­e stoet op Preekstoel in 1945 begin. Al dink sy kleinseun vandag met heimwee terug aan sy kinderdae toe hy wintersogg­ende kaalvoet in die warm beesmis gestaan het, en al verklaar hy trots dat daar in die Durr-huishoudin­g steeds net van hulle eie rou, ongepasteu­riseerde melk gedrink word, is hy terselfder­tyd aan die voorpunt as dit kom by genetika, voeding en bestuur wat gesorg het dat koeie vandag gemiddeld 35% meer melk produseer as 30 jaar gelede en dat party van die diere hier op Preekstoel ’n verstommen­de 50 liter melk per dag lewer.

“Maar wag,” sê Tienie, “laat ek julle gaan bekend stel aan julle twee voorblad- models.”

Albei die koeie is in 2011 gebore, albei is in hulle “tweede laktasie” en volgens die kaartjie in hulle oor waarop Tienie jou attent maak, is albei gebore uit ingevoerde sperm van ene “Zuma”.

Die twee is silwerskoo­n gewas en geborsel, die stertkwass­e gespuit en uitgepluis, reg vir die foto. Rustig staan hulle en herkou.

“Hulle is vrekmooi, nè,” sê Tienie. En dan: “’n Koei is die beste filter wat jy kry: Jy gee vir haar brak water, en sy gee vir jou melk.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa