Weg! Platteland

KONTANTKOE­I OF FABRIEKSLA­AF?

-

Die tipiese suiwelverb­ruiker klou nog aan die idilliese prentjie van ’n handjie vol koeie wat rustig teen ’n grasoortre­kte heuweltjie wei en saans liefdevol met die hand gemelk word, maar niks kan verder van die waarheid af wees nie, skryf Mark Kurlansky in die artikel “Inside the Milk Machine: How Modern Dairy Works” in die lente 2014-uitgawe van die Amerikaans­e tydskrif Modern Farmer #4 ( modernfarm­er.com).

Dié artikel, wat hewige kritiek ontlok het, beweer melk was eens “een van die meer natuurlike prosesse” op ’n plaas, terwyl moderne melkerye niks anders is nie as ’n fabriek waar koeie nie eens meer weet wat ’n bul is nie en jaar ná jaar kunsmatig geïnsemine­er word.

Soos ander soogdiere kan ’n koei net melk produseer as sy ’n kalf gehad het. In die verlede sou die kalfie vir minstens drie maande aan haar gesuip het terwyl die boer tevrede was om die melk wat oor was, vir die huishoudin­g op te eis, maar nou word die kalf binne ’n dag of twee weggevat, hoewel hulle steeds koeimelk in ’n bottel kry.

’n Ander netelige saak is dat koeie tot 25 jaar oud kan word, maar gewoonlik op 5-7 jaar wanneer hulle melkproduk­sie afneem, slagpale toe gestuur word.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa