Weg! Platteland

Soos botter in ’n boom

Avo’s is altyd lekker – koud óf warm

- RESEPTE EN STILERING ALETTA LINTVELT KOSASSISTE­NT LICHELLE MAY FOTO’S MYBURGH DU PLESSIS

Avokado’s – van die groot groenes tot die kleiner ronde soorte met die harde, donkerder skil en intenser geur – is ware superkos. ’n Mens hoor gereeld hulle bevat baie kilojoules, maar jy kan regtig eerder aan avokado weglê as om nog ’n sny brood te eet: Sny dit na hartelus in jou slaai of eet ’n porsie guacamole saam met jou gebraaide hoender of tjoppie. Anders as baie ander vrugte is avokado besonder vullend vanweë die hoë veten lae suiker- en koolhidraa­tinhoud en daarom is dit moeilik om te veel te eet.

Die vet in avokado’s is die gesonde “hartvriend­elike”, anti-inflammato­riese, mono-onversadig­de soort wat ook in olyfolie voorkom. En dan is avokado’s hoog in vesel en vol vitamiene en minerale soos vitamien C én hulle bevat meer kalium as piesangs.

Maar wees versigtig hoe jy jou avokado afskil: Die donkergroe­n lagie vleis die naaste aan die skil is die gesondste. Trek eerder die skil af (soos wanneer jy ’n piesang skil) of, nog beter, skraap die skil skoon uit met ’n lepel.

Mmm, romerige botter uit ’n boom.

 ??  ??
 ??  ?? 102
102

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa