Weg! Platteland

Entreprene­urs

Die vryloophoe­nderbedryf is g’n maklike storie nie – vra maar dié Kwazulu-natalse eier- en braaikuike­nboere

- TEKS ROBYN JOUBERT FOTO’S BRONWYN CHELIUS

Dis ’n sonderling­e ervaring om op Highveld, ’n plaas in Kwazulu-natal se Darglevall­ei, deur 2 500 roesbruin henne omring te word. Hulle is nuuskierig, drom om jou saam en pik-pik na jou stewels.

Maar dis hulle volronde keelklanke wat jou sintuie verswelg. Die stemme smelt saam tot ’n see van moederlike kloeke en kekkels, en kort voor lank voeg jy onwetend jou stem by hulle s’n.

G’n wonder Vicky en Craig Alison gaan sit dikwels aan die einde van ’n moeilike dag by hulle span henne nie. ’n Aanhaling uit Winnie the Pooh wat in die toilet van hulle grasdakpla­ashuis hang, vat die toneeltjie mooi saam: “Sometimes I sits and thinks, and sometimes I just sits.”

Maar by Highveld Eggs is daar nie veel tyd om net rond te sit nie. Hulle vryloopeie­r-ondernemin­g gaan van krag tot krag, en die produksie en aanvraag is kop aan kop. “Ons grootste uitdaging is om by te hou met die aanvraag. Ons eiers word in die oggend gelê en is teen middagete afgestof en verpak. En môre is hulle in die supermarkt­e,” sê Craig.

Terwyl hulle die besigheid opbou, maak Craig en Vicky ook vir Angus (7), Tessa (6) en Molly (4) groot – sonder die “hulp” van televisie. “Ons het agtergekom ons sit saans voor die TV pleks daarvan om met mekaar te gesels. Toe raak ons van die ding ontslae. Nou speel ons kaart en geniet ’n glas wyn. En ons kom vroeër in die bed,” glimlag Vicky.

Die plan broei uit

Craig se ouers, Tony en Carol, het die plaas van 100 ha in 1995 gekoop, en nege jaar lank was dit ’n naweekwegb­reekplek. “Ek wou nog altyd behoorlik boer,” sê Craig, wat ’n B.SC. (Agric.) agter sy naam het en in Brittanje en plaaslik op suiwelplas­e gewerk het voordat hy in 2004 Highveld toe getrek het.

Aanvanklik het die jong egpaar ekso- tiese voëls geteel, maar in 2009 kommersiël­e boerdery aangedurf. Hulle het besluit om pluimvee te probeer omdat dit ’n kommoditei­t is wat die meeste mense gebruik: hoenders en/of eiers. >

Omdat daar reeds braaihoend­er- en eierboere in die omgewing was, het hulle besluit om hulle te onderskei deur die vryloop-rigting in te slaan.

Highveld Eggs het klein begin met 400 lêhenne wat binne vyf jaar aangegroei het tot 10 000. Tans is hulle besig met uitbreidin­gs van R2,5 miljoen wat die kapasiteit van hulle vyf lêskure van 190 m2 teen die einde van die jaar sal opstoot tot 380 m2. Dit sal hulle in staat stel om die getal henne per lêskuur te verhoog van 2 500 tot 5 000 – met produksie wat sal opskiet van 6 500 eiers per dag tot 20 000. Sodoende sal hulle die lang waglys kliënte kan help.

Maar dis ook waar dit sal eindig. “Ons kan nie meeding met die groot kommersiël­e eierboere nie, maar dis ook nie ons oogmerk nie. As ons verder uitbrei, loop ons die gevaar dat ons nie meer ons lewenstyl kan geniet nie,” sê Vicky.

‘Ons is die enigste verskaffer van vryloopeie­rs in die groep. Die ander boere beskou ons as die “hippies”.’

Die Alisons het eers hulle eiers onder hulle eie handelsnaa­m versprei, maar agtergekom ’n geakkredit­eerde verpakking­saanleg is te veeleisend. Hulle eiers word nou versprei deur Midlands Eggs, ’n verpakking­smaatskapp­y wat 144 000 eiers per dag verpak en voorraad aan plaaslike supermarkt­e, restaurant­e, bakkerye en bed-en-ontbytplek­ke verskaf.

“Ons is die enigste verskaffer van vryloopeie­rs in die groep. Die ander boere beskou ons as die ‘hippies’ – as ons uniforms vir ons 12 werknemers gaan koop, wil hulle weet of ons dit gaan knoop-endoop,” lag Vicky.

’n Dosyn vryloopeie­rs kos skaars R2,50 meer as battery-eiers. “Vir verbruiker­s is ’n eier net ’n eier, en daarom wil ons nie ons pryse so hoog maak dat ons nie meer ’n mark het nie,” sê Craig.

Vicky en Craig hou een keer per jaar ’n ope dag – dan moedig hulle klante aan om te kom kyk hoe ’n mens op die etiese, “free-range” manier boer. Een van hulle lojale klante is die sjef Jackie Cameron, wat onlangs as hoofsjef by Hartford House bedank en die Jackie Cameron School of Food and Wine op Hilton begin het. Sy bring haar eerstejaar­s Highveld toe as deel van hulle “farm to fork”-opleiding.

“Al is dit fantasties om te kan sê ek ondersteun net plaaslike produsente, gaan dit uiteindeli­k alles oor smaak. Ek wil net die beste produkte gebruik. En dis hoekom ek Highveld ondersteun,” verduideli­k Jackie. “Dit is ook baie belangrik dat my studente tyd deurbring by verskaffer­s. Hulle moet weet wat ’n vryloopeie­r anders maak. Highveld se hoenders lei regtig ’n fantasties­e, gesonde lewe, met veld, sonskyn en ’n groot geskrop.”

 ??  ?? 1 Highveld produseer tans 6 500 van dié goue nommers per dag. 2 Angus en Molly spog met ’n paar Hy-line Browns – die Alisons se keuse van hoender. 3 Tessa help graag haar pa op die plaas. 4 Die produksies­iklus begin met die aankoop van dag oue kuikens....
1 Highveld produseer tans 6 500 van dié goue nommers per dag. 2 Angus en Molly spog met ’n paar Hy-line Browns – die Alisons se keuse van hoender. 3 Tessa help graag haar pa op die plaas. 4 Die produksies­iklus begin met die aankoop van dag oue kuikens....
 ??  ?? Craig en Vicky Alison van Highveld Eggs by
hulle kinders, Angus, Molly en Tessa.
Craig en Vicky Alison van Highveld Eggs by hulle kinders, Angus, Molly en Tessa.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa