Weg! Platteland

Ek het die skuif gemaak

Toe die stad haar kláár het, pak Zelma Kriek haar goed en trek Calitzdorp toe

- TEKS TISHA STEYN FOTO’S ROZELLE MONACHINI EN TISHA STEYN

Zelma Kriek onthou nog die dag toe sy die begeerte gesug het om pad te gee uit die stad. Die mure van haar groot huis in Johannesbu­rg se noordelike voorstede het haar vasgedruk. “Ek kon en wou net nie langer daar bly nie,” vertel sy. ’n Vriend het haar sug gehoor, en voorgestel sy soek ’n huis op Calitzdorp, waar ’n mens nog bekostigba­re plekke kon kry.

“Ek wou weghardloo­p... en ek hét weggehardl­oop!”

Zelma en haar oudste dogter, Nicola Drzewicki, ’n argitek in Kaapstad, het gaan kyk. “Die pad was langer as wat ek gedink het, en by Ladismith wou ek net omdraai,” onthou sy. “Gelukkig het ons deurgedruk, want as ’n mens oor die Huisrivier­pas afdaal na Calitzdorp, kom daar ’n saligheid oor jou. Dit het gevoel of ek tuis kom.”

’n Klipgooi buite die dorp – waar bakkies en trekkers ewe tuis is in die strate as donkiekarr­e – het sy ’n huis tussen die wingerde gekry wat haar aan die hart gegryp het. “Die huis het nie eintlik ’n styl gehad nie,” vertel die vrou wie se stadshuis eens op ’n tyd in interieurt­ydskrifte verskyn het. “Maar met Nicola se kundigheid het ons ’n paar binnemure uitgeslaan, ’n stoep gebou en interessan­te leefruimte­s geskep.”

Zelma het ’n rusplek vir haar siel en ’n holte vir haar voet gevind.

Die groot uittog

Dit was ’n gesukkel om haar huis in die stad verkoop te kry, maar die dag toe die koop deur is, was daar geen keer nie, onthou Zelma, wat ook haar

0 510 20 Kilometers aandeel in die interieurw­inkel Stuff in Melville van die hand moes sit. >

“Ons het ingepak en ingepak en ingepak. Ek hou van my stuff; ek wou niks los nie...”

Uiteindeli­k is sy en haar dogter Rozelle en vriendin Tracey Fraser in Zelma se volgestopt­e motor vort – Tracey agter die stuur en Zelma en Rozelle op die agtersitpl­ek.

Min het hulle geweet wat ’n troostelos­e, reënerige dag dit sou wees toe hulle op Calitzdorp aankom. “Die treklorrie se bestuurder het botweg geweier om met die modderige plaaspad tot by die plaashuis te ry!” Gelukkig het ’n barmhartig­e samaritaan met ’n bakkie en sleepwa haar goed na haar nuwe tuiste onder die bloekombom­e aangery – vrag ná vrag. “Terwyl die wolke húíl!”

Om alles te kroon word Zelma toe platgetrek deur ’n hewige griep. “Rozelle en Tracey het uitgepak en uitgepak en uitgepak – totdat alles min of meer op die regte plek gestaan het. Teen die tiende dag het ek beter gevoel en geweet: Ek gaan oukei wees hier waar die Swartberg se spierwit spitse teen die blou lug uitstaan.”

Mettertyd is die huis reggeboer, en met haar fyn aanvoeling het elke meubelstuk en mat sy staan- en lêplek gekry. “Karel en Jakob Afrika, die helpende hande hier op die plaas, is al so moeg vir my...” lag sy met ’n vonkel in haar grysgroen oë. “Ek hou van my goeters. Ek het nog altyd goeters gekoop waarvan ek hou, wat ek geniet en wat vir my iets beteken. My goed is eintlik meer tuis híér as dáár...”

En toe wyk die kooplus...

Zelma is self duidelik ook meer tuis hier. Sedertdien het sy nie net met die konfytkoke­ry begin nie, maar ook ’n gastehuis begin (sien die kassie oor die gastehuis op bl. 30.)

Ook Rozelle, wat eintlik net saamgekom het om haar ma te help uitpak, het hier vasgehaak. Sy het vir Kevin Monachini ontmoet, ’n man wat na aan die aarde leef en in sy Karooicusk­wekery inheemse plante – waaronder aalwyne – van steggies kweek. Nou verewig sy Kevin se Karooplant­e en haar ma se mooi outydse kombuisgoe­d in waterverfs­kilderye en potloodske­tse. Met die geboorte van klein Coco, wat nou 2½ jaar oud is en vandag hier deur die huis dartel, is die verbond met die Klein-karoo se grond verseël.

Zelma se middelste dogter, Liza MacDonald, kom kuier ook graag saam met haar kinders, Zoe (3) en Jet (9).

“Veral Jet kom sommer op sy eie uit die Kaap by sy ouma kuier. Hy bly graag hier waar niemand hom ooit aanjaag of voorsê nie. Ons doen niks hier ‘gou’ nie...” sê Zelma.

Hulle twee sal veel eerder op die agterstoep sit en tuur oor die wingerde en boorde tot by die wit huisies doer anderkant die Gamkarivie­r.

Aan die begin het Zelma en Rozelle nog gereeld op George gaan inkopies doen en veral op Oudtshoorn gaan fliek – dikwels was hulle die enigste mense in die teater, en dan het die personeel sommer die springmiel­ies vir hulle gebring. Mettertyd was hierdie uitstappie­s nie meer nodig nie: “Ek het nie meer koopterapi­e of ander afleiding nodig nie.”

Twee lesse het sy geleer. Een: Geld kan nie geluk koop nie – “ek was nog nooit in my lewe só arm en só gelukkig nie”, en twee: Die tyd gaan baie vinniger verby as jy rustig is en nie druk op jouself plaas om dinge te doen nie. “Gits, partykeer moet ek Oudtshoorn toe ry ter wille van ’n skootjie padwoede. Jy kan dit nie híér rond doen nie!”

Die stilte op die werf is omtrent tasbaar – ’n mens raak eintlik eers bewus van presies hoe stil dit is as die krag afgaan en die yskas se sagte gespin verdoof. Gaste in Strooikooi, Zelma se gastehuis, het op ’n keer ’n briefie gelos: “Ons moet vertrek; dit is te stil en te donker – ons was so bang!”

Zelma en Rozelle het egter ’n doelbewust­e besluit geneem om nié bang te wees nie. “Aan die begin was ons bang vir alles: muise, spinnekopp­e, paddas. Maar ’n mens raak alles gewoond. Op Kersdag het daar ’n koperkapel so lank soos die eetkamerta­fel –3 m – onder die tafel gelê. Ons het die polisie gebel >

‘Toe ek die eerste beet uit die grond trek, het dit vir my meer waarde gehad as alles wat ek in Londen, Parys of Rome gekoop het.’

– ons bel die polisie vir alles – maar hulle het geweier om uit te kom as ons nie eers die slangvange­r laat kom nie!”

Nodeloos om te sê is slang se kind nou nog weg...

Om weer ’ n kind te wees

Hier het sy weer haarself geword, weer die sorgeloosh­eid en tydlooshei­d van kindwees begin ervaar, vertel Zelma: “Toe ek die eerste beet uit die grond trek, het dit vir my meer waarde gehad as alles wat ek in Londen, Parys of Rome gekoop het. In die vinnige baan verloor ’n mens baie – jy moenie wag tot jy te oud is om te lewe nie! Maar mense is nie bereid om geld prys te gee vir vrede nie.”

Nou is sy op haar gelukkigst­e met haar Elvis-musiek en ’n boek. “In die stad was ek lid van ’n boekklub waar ons net die duurste, nuutste boeke by eksklusiew­e boekwinkel­s gekoop het. Nou koop ek die beste boeke wat ek nóg gelees het vir R20 hier by die tweedehand­sboekwinke­l Peppertree Books & Bites.

“Hier is nie veel te doen of sien of koop nie, behalwe dít wat ons self doen saam met die mense wat ons hier verwelkom het. Buiten kuier saam met ons dorp se mense wil ’n mens naderhand nie uit die huis gaan nie – ’n mens trek lootjies om te besluit wie dorp toe moet gaan vir inkopies.” Sal sy ooit teruggaan stad toe? “Teruggaan? Nooit nie! Hier kan ek mos asemhaal.”

 ??  ??
 ??  ?? 1 Rozelle en ’n vriendin van Zelma moes uitpak op Calitzdorp omdat sy deur griep platgetrek is, maar uiteindeli­k het al Zelma se kosbare stuff ’n plek in die huis gekry. 2 Wie’t gesê ’n Karootuin kan nie welig wees nie? Dis veral maklik as jou...
1 Rozelle en ’n vriendin van Zelma moes uitpak op Calitzdorp omdat sy deur griep platgetrek is, maar uiteindeli­k het al Zelma se kosbare stuff ’n plek in die huis gekry. 2 Wie’t gesê ’n Karootuin kan nie welig wees nie? Dis veral maklik as jou...
 ??  ?? Tussen Calitzdorp se berge en wingerde het dié “inkommer” rus vir haar moeë stadsiel gevind.
Tussen Calitzdorp se berge en wingerde het dié “inkommer” rus vir haar moeë stadsiel gevind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa