Weg! Platteland

Kweek groen vingers

Op Bronkhorst­spruit woeker leerlinge met slaai

- TEKS JOHAN VAN ZYL FOTO’S PETER VAN NOORD EN HENNIE VON STADEN

Platteland­se skole moet deesdae allerhande planne beraam om vooruit te boer: Dis kermisse, koektafels en konserte, musiekblys­pele en revues, sport-extravagan­zas, pretdrawwe en -stappe, bergfietsr­esies, spookhuise, muntleggin­gs, skoonheids­kompetisie­s, entreprene­ursdae en lootjies wat verkwansel word om ’n ontbyt saam met Kurt Darren te wen, dalk ’n naweek by Sun City, of ’n halwe skaap...

Maar die Hoërskool Erasmus op Bronkhorst­spruit gaan effe anders te werk om hulle slagspreuk – Rassies het woema – gestand te doen: In April vanjaar het daar op die terrein van dié skool met sy sowat 650 leerlinge ’n indrukwekk­ende kweekhuis verrys waar die gr. 10’s en 11’s wat landbou as vak neem, ’n verskeiden­heid slaaiblare geplant het. (Dit is die enigste wintergewa­s wat in daardie stadium sou deug, maar hulle beplan om nou in die lente ook geel en rooi soetrissie­s, tamaties en suikermiel­ies te probeer.)

Die jong boere het sedertdien die blaarslaai begin oes, en dan neem hulle

maters in die gasvryheid­studieskla­s oor en was, droog en verpak dit voordat dié 150 g-pakke onder die skool se naam in Prazeres op die dorp, die Pick n Pay op Bronkhorst­spruit en Rayton, en die Spar op Cullinan – selfs die Tshwane-varsproduk­temark – verkoop word.

Hennie von Staden ( foto bo), departemen­tshoof: landboupra­ktyk, vertel die leerlingge­talle by die skool het die afgelope jare bly daal omdat talle boere in die omgewing hulle kinders eerder na landbousko­le op Middelburg, Brits of Springs gestuur het.

“Daarom het die skool verlede jaar begin om landbou as vak aan te bied. Omdat ek en my drie broers self buite Cullinan met groente boer en darem iets van boerdery weet, het ons besluit om ’n groentetui­n te begin,” sê Hennie. “’n Groentetui­n het sin gemaak: Jy het nie ’n massiewe stuk grond nodig om groente te verbou nie, en ons wou iets anders bied as die ander landbousko­le, wat gewoonlik op vee en graangewas­se fokus. Die meeste kinders wat op plase in hierdie omgewing grootword, het reeds redelike kennis van graan en vee, maar van groente weet hulle min.”

Verlede jaar, voordat die “nethuis” bestaan het, moes die eerste gr. 10-klas elkeen ’n ry grond elders op die skoolterre­in voorberei, groente van hulle keuse plant, dit self versorg, die ry onkruidvry en netjies hou, en uiteindeli­k ook as deel van hulle praktiese werk die groente oes.

Sedertdien het die skool se beheerligg­aam geld bewillig om die “nethuis” te bou, maar eers het ’n klomp boere van die omgewing met groot trekkers en kalkstrooi­ers en planters en ploeë en implemente gratis kom help om die kleierige grond voor te berei. Nog ’n onverwagse meevaller was die ontdekking van ’n langverget­e boorgat in die hoek van die skoolterre­in toe hulle ’n rietbos uitgekap het om plantplek in te ruim.

Om sake te bespoedig het Hennie blaarslaai-saailinge gekoop, maar die kinders moes self die plantwerk doen. Hulle praktiese klas is Maandagmid­dae – almal moet dan in die tuin werk en kry punte daarvoor. Dis ook wanneer hulle die slaaiblare oes, hoewel hulle dikwels Donderdae weer moet pluk om in die aanvraag te voldoen – dan help Shadrack Ntlatleng ( foto bo) en van die ander werkers op die skoolterre­in.

“Die gedagte is nie om ’n klomp geld te maak nie,” sê Hennie, “maar natuurlik wil ons ook nie ’n verlies ly nie. Die inkomste word teruggeplo­eg in die tuin. Hierdie tuin is ’n wonderlike geleenthei­d om kinders bloot te stel aan grondvoorb­ereiding en die verskillen­de afdelings van boerdery: van die tegnologie en al die besigheids­goed tot die verpakking en bemarking van die eindproduk.”

Hulle het pas kampe voltooi vir ’n troppie boerbokke wat binnekort hulle opwagting maak. In die toekoms kom daar dalk hoenders, en hulle oorweeg dit om met die opleiding van plaaswerke­rs en opkomende boere te help. So gaan dit maar hier op Bronkhorst­spruit, want Rassies het woema.

Hoërskool Erasmus 013 932 0195

Hoërskool Erasmus Landbou

‘Hierdie tuin is ’n wonderlike geleenthei­d om kinders bloot te stel aan grondvoorb­ereiding en die verskillen­de afdelings van boerdery.’

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? 1 Die landery is reg vir plant. 2 ’n Rol bloudraad word geknip om die rypdoek oor te span (soos op die hooffoto op die oorkantste blad). 3 Planttyd... 4 Dis oestyd! Van links is Chirees Hamann, Milanca Kotze, Kyle Joubert en Nadia Botha. 5 Die gewaste slaaiblare word geweeg en verpak. By die skoolhoof, Fanie Botes, is Melanie Engelbrech­t en Eleanor Roos. 6 Die slaaiblare gaan winkel toe.
1 Die landery is reg vir plant. 2 ’n Rol bloudraad word geknip om die rypdoek oor te span (soos op die hooffoto op die oorkantste blad). 3 Planttyd... 4 Dis oestyd! Van links is Chirees Hamann, Milanca Kotze, Kyle Joubert en Nadia Botha. 5 Die gewaste slaaiblare word geweeg en verpak. By die skoolhoof, Fanie Botes, is Melanie Engelbrech­t en Eleanor Roos. 6 Die slaaiblare gaan winkel toe.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? 3
3
 ??  ?? 4
4
 ??  ?? 5
5
 ??  ?? 1
1
 ??  ?? 2
2

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa