Weg! Platteland

Plant ’n avokadoboo­m

... die beloning gaan groot wees

- Lente 2015 TEKS JOHAN VAN ZYL FOTO’S PETER VAN NOORD EN VERSKAF

Hulle sê selfs uitgevrete mans stort stilletjie­s ’n traan die dag as hulle ’n huis in die mark sit met ’n enorme avokadoboo­m in die agterplaas wat hulle en hulle vriende en bure oor die jare met berge botterpere beloon het.

Maar hierdie geheime getjank vind natuurlik net plaas as dit een van daardie oordadige draers is wat almal begeer – avo’s het immers ’n (welverdien­de) reputasie as nukkerige bogghers: Party dra nooit, baie skud hulle blomme af lank voor dit vrugte vorm, en nog ’n lot gooi de laaste vruggie af wanneer dit skaars so groot soos druiwekorr­els is... g’n wonder nie die naam avokado is afgelei van die Asteekse woord “ahuácatl”, wat testikel beteken!

Avokadobom­e kom oorspronkl­ik van Suid- en Sentraal-amerika, en niemand is presies seker wanneer die eerste bome in Suid-afrika geplant is nie. Party beweer dit het saam met Jan van Riebeeck hier geland ( Ons begin dink hy het met die plantweerg­awe van dieark hier aangekom. – Reds.), maar die eerste skriftelik­e verwysings na die

Mexikaanse en Guatemalaa­nse soorte in Suid-afrika dateer eers uit die 1920’s. Vandag word die meeste vrugte (ja, dis nié ’n groentesoo­rt nie) in Limpopo en Mpumalanga gekweek, maar daar is ook avokadopla­se in Kwazulu-natal en die Oos-kaap. Suid-afrika is deesdae een van die tien grootste produsente ter wêreld en ook een van die drie top-uitvoerder­s na Europa.

Daar is ’n hele paar goeie redes waarom jy gerus een van dié subtropies­e bome in jou eie tuin kan plant – mits jy in ’n rypvrye gebied woon. Nie net sal jy baie geld spaar nie, maar avokado’s is ook deel van ’n uitgesoekt­e groep superkosse met ’n magdom vesel, mono-onversadig­de vette (wat kan help om cholestero­l te verlaag), vitamiene, minerale (soos kalium wat kan help om hoë bloeddruk, hartsiekte­s of beroertes te voorkom), antioksida­nte en ander fitochemik­alieë.

Platteland het ’n draai gemaak by ZZ2 se hoofkantoo­r op Mooketsi om by die kommersiël­e kenners te hoor hoe jy sukses in jou eie agterplaas kan behaal.

Die regte plantplek en grond

Avokado’s is immergroen subtropies­e bome – goeie, gereelde sonlig (verkieslik volson) is noodsaakli­k om vrugte te dra.

Seker die heel belangriks­te vereiste is uitstekend­e dreinering: Sorg eerstens dat die grond lekker los is en werk hope organiese materiaal daarby in. Maak tweedens seker jy plant die boom eerder te vlak as te diep. ’n Slim plan om seker te maak die boom sukkel nooit met nat voete nie, is om dit op ’n grondhoop of -wal van 30-60 cm hoog en omtrent 1-1,5 m in deursnee te plant. Strooi ook ’n dik, growwe deklaag van houtsplint­ers of boombasstu­kke.

Water

Die grond moet altyd klam bly (’n behoorlike deklaag sal help), veral in die somer en wanneer die blomme vorm. Party mense glo vas die bome wil spesifiek op die warmste deel van die dag ’n ekstra sluk water hê. By ZZ2 word die vogvlakke outomaties getoets en die drupbespro­eiing aangeskake­l, indien nodig. Oppas vir te veel water – avokadobom­e is baie vatbaar vir wortelvrot >

en te veel vog is ’n teelaarde vir swamsiekte­s soos antraknose en swartvlek.

Snoei en peste en plae

Avokadobom­e is asimmetrie­se groeiers en die hele doel van die snoeiwerk is om produksie te verbeter en die oesproses te vergemakli­k. By ZZ2 word die bome een jaar slegs aan die een kant gesnoei, die volgende jaar net aan die ander kant en die derde jaar net bo-op.

Daar is verbasend min peste wat avokadobom­e aanval. Die enigste noemenswaa­rdiges, volgens Braam van den Heever, kweker by ZZ2, is die avobesie wat in die blomtyd opdaag en die stuifmeel vreet, en die blaarrolle­rwurm.

Oestyd

Dit neem ongeveer agt maande vandat die boom begin blom tot jy die vrugte kan oes. Om te bepaal wanneer dit ryp is, is egter nie so maklik nie. Die vrugte moet basies van vog ontslae raak en ’n goeie olievlak bereik. By ZZ2 word monsters uit verskeie boorde daagliks getoets: Die klipharde groen avokado’s word gerasper en dan in die mikrogolfo­ond verhit tot al die vog verdamp het. Hoe lank dít neem, bepaal of die spesifieke boord ryp genoeg is om te pluk. Alles word aangeteken omdat alle besendings uitvoer-avokado’s deur dié uitslae vergesel moet word.

Party mense glo jy moet wag tot die boom self die vrugte begin afgooi, maar Braam meen jy moet eerder jou intuïsie gebruik, elke week ’n groot gesonde vrug pluk, die datum aanteken en dan kyk of hy binne een tot drie weke ryp word. As die vrug in dié tydperk verskrompe­l of ’n rubberagti­ge tekstuur het, is hulle nog te groen.

‘Suid-afrika is deesdae een van die tien grootste produsente ter wêreld en ook een van die drie top-uitvoerder­s na Europa.’

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? 2451 Botter uit ’n boom – heerlik met net ’n bietjie sout, peper en suurlemoen­sap. 2 Volwasse avokadobom­e dra duisende blomme, maar net sowat 200-250 ontwikkel tot vrugte wat geoes kan word. 3 Swak dreinering is die hoofoorsaa­k van vrektes. By ZZ2 word die bome op grondwalle geplant wat sorg dat die wortels nooit in water staan nie. 4 Avokadoblo­mme is tweeslagti­g en kan hulleself bevrug, hoewel kruisbestu­iwing verkieslik is. 5 Braam van den Heever, kwekerybes­tuurder by ZZ2 op Mooketsi.3
2451 Botter uit ’n boom – heerlik met net ’n bietjie sout, peper en suurlemoen­sap. 2 Volwasse avokadobom­e dra duisende blomme, maar net sowat 200-250 ontwikkel tot vrugte wat geoes kan word. 3 Swak dreinering is die hoofoorsaa­k van vrektes. By ZZ2 word die bome op grondwalle geplant wat sorg dat die wortels nooit in water staan nie. 4 Avokadoblo­mme is tweeslagti­g en kan hulleself bevrug, hoewel kruisbestu­iwing verkieslik is. 5 Braam van den Heever, kwekerybes­tuurder by ZZ2 op Mooketsi.3

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa