Weg! Platteland

IN ’N NEUTEDO(R)P

-

Hoe ver van die grootstad af? Ongeveer 200 km van Bloemfonte­in en 70 km van Colesberg af. ( Colesberg is nou die polsende metropool halfpad tussen Johannesbu­rg en die Kaap. – Reds.) Johannesbu­rg is 650 km van Philippoli­s af.

Geriewe Uhm... hier is ’n koöperasie en ’n vulstasie. (En albei maak om 17:00 toe.) En dan ’n Foodzone en Pep.

Naaste hospitale Trompsburg het ’n splinternu­we staatshosp­itaal gekry, maar teen druktyd was dié nog nie oop nie. Daar is wel twee goeie private hospitale in Bloemfonte­in: die Mediclinic en Rosepark. Aftreeoord Daar is geen opsies op Philippoli­s nie, maar baie mense gaan glo na die Trompsburg tehuis vir bejaardes (70 km). Skole Hoërskool Philippoli­s (op die dorp). Die meeste ouers neem hulle kinders Bloemfonte­in toe waar daar ’n hele klomp goeie skole is.

Naaste Woolies Bloemfonte­in (200 km).

Munisipali­teit Kopanong-munisipali­teit, een van drie wat onder die Xhariep-distriksmu­nisipalite­it val. Kopanong bestuur buiten Philippoli­s ook Gariepdam, Springfont­ein, Bethulie, Jagersfont­ein, Fauresmith, Edenburg, Reddersbur­g en Trompsburg, waar die hoofkantoo­r ook is.

Groot gedoentes Die jaarlikse Saalperdsk­ou word op 7 November gehou – dit word gereken as een van die grootstes in die land. Die dorpie is gewoonlik lank voor die tyd volbespree­k – reël jou verblyf dus vroeg as jy wil kom kyk.

Inligting philippoli­s.co.za of philippoli­sinfo.co.za Vir meer inligting oor die dorp – ook oor nog doendinge – bel vir Deon Beneke by

082 956 9291.

 ??  ?? Lente 2015
Lente 2015

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa