Weg! Platteland

Planne vir pluimvee

-

KOOP HOENDERS

Hoenders is in ’n magdom aanloklike groottes, vorms en patrone te kry, maar in Suid-afrika is verbasend min van dié rasse geredelik beskikbaar vir agterplaas­boere. Ons het besluit om potchefstr­oom-koekoeke te kry, die enigste nuwe ras wat spesifiek vir Suid-afrikaanse toestande ontwikkel is. Dié geharde gemengde ras is in die jare vyftig ontwikkel en is bekend as goeie lêers, selfs al leef hulle as vryloophoe­nders of al kry hulle dalk nie die beste voeding nie. As dubbeldoel­ras is hulle ook geskik vir vleis en hulle spog met ’n diepgeel vel. Hulle lyk verbasend baie na die Plymouth Rock-hoenders wat deel van hulle stamboom vorm, maar hulle het ook gene van swart Australorp­s en wit Leghorns.

• Vind meer uit oor verskillen­de hoenderras­se by poultryclu­bsa.co.za. • As jy in inheemse hoenderras­se belang stel, kan jy dié artikel lees wat inheemse rasse vergelyk: gonzogarde­ning. wordpress.com/2012/02/15/ but-what-do-you-mean-indigenous. • Vir ’n vergelykin­g van die eierproduk­sie van koekoeke, venda-, ovambo- en kaalnekhoe­nders lees fao.org/docrep/012/ i1353t/i1353t04.pdf. • Dit maak nie saak watter ras jy kies nie – as jy gesonde diere wil hê wat goeie eiers of vleis sal verskaf en geteel is van diere wat goed versorg is, móét jy jou hoenders by ’n teler met ’n goeie reputasie koop. Wees lugtig vir mense wat anoniem in jou plaaslike gratis koerantjie adverteer. Ek kon net twee aanlyn-verkopers opspoor wat bereid is om hoenders in klein hoeveelhed­e te verkoop:

hoender.co.za/ourchicken­s.html (in Pretoria-oos)

guineaglen.wordpress.com/chickens (Suid-kaap) Albei sal hoenders na jou toe koerier indien jy hulle kan verseker dat die hoenders behoorlik gehanteer en afgehaal sal word.

KOS VIR HOENDERS

Groeiende kuikens en lêhenne moet kos vreet wat die regte hoeveelhei­d proteïen en kalsium bevat. Hulle sal nie floreer en goed lê as jy vir hulle net kombuisafv­al en ’n bietjie mielies gee nie. Goggas, insekte en vars groengoed is goeie proteïenbr­onne, maar dis ’n slim plan om behoorlik geformulee­rde lêpille by hulle dieet in te sluit. Ons was nogal teleurgest­eld omdat ons nêrens in die Kaapstad-omgewing lêpille kon opspoor wat geen hormone of antibiotik­a bevat nie. Baie van die winkels en troeteldie­rwinkels verkoop die lêpille in kleiner hoeveelhed­e, en al het almal hand en mond belowe dit bevat geen snaakse bestanddel­e nie, het ons aangedring om die verpakking en bestanddel­elys van die grootmaats­akke te sien. De laaste een het wel goedgekeur­de landbou-groeistimu­lante en -antibiotik­a bevat. Ons gee nou eerder vir ons hoenders perdevoer wat 12-14% proteïen bevat. Maak ook seker die hoenders het altyd toegang tot kalsiumgru­is – dit wil voorkom of dit help om hulle gesond en produktief te hou.

 ??  ?? Die potchefstr­oom-koekoek is ’n geharde plaaslike gemengde ras wat bekend is as goeie lêers. Hulle het ’n goeie bou wat hulle geskik maak vir vleisprodu­ksie, en vere met mooi patrone. Hier poseer vier van “die meisies” voor hulle “hoenderpal­eis”.
Die potchefstr­oom-koekoek is ’n geharde plaaslike gemengde ras wat bekend is as goeie lêers. Hulle het ’n goeie bou wat hulle geskik maak vir vleisprodu­ksie, en vere met mooi patrone. Hier poseer vier van “die meisies” voor hulle “hoenderpal­eis”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa