Weg! Platteland

Timmer ’n herwinkis

Jou organiese afval gaan komposhoop toe, maar as jy regtig jou deel vir die omgewing wil doen, moet jy glas, blik, papier en plastiek ook herwin. Maak dit vir jou huismense maklik met dié netjiese driedromka­s. Blaai om vir die aanwysings.

- PROJEK EN TEKS ZIGI EKRON FOTO’S PETER VAN NOORD

Hy sluk drie dromme: Een vir glas, een vir plastiek en een vir papier

A Oes die planke Haal die laaiborde versigtig met ’n koevoetvoe­t en klouhamer uit-uitmekaar. 1 Dis ’n tydsame proses, maar wees geduldig – as jy oorhaastig is, gaan die planke bars of breek. Kap die ou spykers terug en trek hulle uit. 2

B Maak die raamwerk Gebruik die laaibordpl­anke en saag agt lengtes van 65 cm elk vir die pote. Smeer lym op die lang smal kant van een plank en skroef ’n tweede een in die lengte daarop vas sodat hulle ’n 90°-hoek vorm. 3 Gebruik ’n werkbankkl­amp as jy een het. Doen nou dieselfde met die ander lengtes sodat jy vier pote het.

Pak van die laaibordpl­anke op die vloer langs mekaar neer en sit die drie dromme bo-op hulle neer sodat jy kan meet hoe lank jou kis moet wees. Onthou om die pote aan weerskante in berekening te bring. Doen nou dieselfde om die breedte te bepaal – jy gebruik dus nou net een drom. In ons geval het ons 22 planke vir die lengte nodig gehad en 6 vir die breedte (plus die pote). Meet nou diedie lengte en breedte van jou kis. Ons s’n is 172 cm lank en 51 cm breed. Saag die vier behandelde dennehoutb­alke elkeen tot 172 cm en saag dan agt lengtes van 51 cm uit die laaibordpl­anke af. (Pas die lengtes aan om by die afmetings van jou kis te pas.)

Meet onderskeid­elik 7,5 cm en 5 cm aan die bo- en onderkant van elke poot (aan die binnekant) en lym en skroef jou lang balke op hierdie merke vas sodat jy twee sykante vir jou raam het. 4 Skroef vier van die 51 cm-lengtes nou teen die binnekant van die pote tussen die boonste en onderste balke vas om die twee sykante aan mekaar te sit. 5

Sit die dromme in die raam om hulle eweredig te spasieer 6 en skroef die oorblywend­e vier 51 cm-lengtes tussen die dromme dwarsoor die raam op die lang balke vas 7 om die affêre stewig te maak – twee bo en twee onder. 38

C Maak toe Saag jou laaibordpl­anke tot jy 56 lengtes van 59 cm elk het. (Of soveel soos jy gaan nodig hê vir die voor- en sykante.) Draai die raam op sy sy en smeer lym aan die buitekant van die lang balke.

Pak die plankies langs mekaar tussen die pote in tot die hele kant toe is en skroef hulle dan vas. 9

Wenk

Ons het ’n lang plank aan die bokant van die pote vasgeklamp om as ’n gids te dien sodat al die syplanke gelyk is aan die bokant. 10

Doen dieselfde aan die ander lang sy. Draai die raam weer op sy pote en doen dieselfde aan die twee kort kante. 11

D Bou die deksel Saag 25 lengtes van 55 cm elk uit die laaibordpl­anke (of soveel soos jy gaan nodig hê vir die deksel) en pak hulle booor jou kis waar die deksel moet wees. Meet en saag vier lengtes van 86 cm vir stutte aan weerskante van jou deksel (voor en agter) – die dekselplan­ke word hieraan vasgeskroe­f. 12

Vir die drie gate in die deksel haal jy drie dekselplan­ke bo elkeen van jou dromme uit. Lym en skroef die res op hulle plek vas. Jou deksel behoort nou in twee dele te wees, omdat die stutplanke in die middel (by die middelste gat) nog gelas moet word. 13 Saag twee lengtes van 18,5 cm van elkeen van die planke wat jy uitgehaal het. Skroef dan dié stukke op hulle plek op die stutplanke vas. 14

Wenk

Omdat die laaibordpl­anke nie almal ewe breed is nie, moet jy die planke op dieselfde plek gebruik waar jy hulle uitgehaal het, anders gaan dit moontlik nie pas nie. 15

Saag vier lengtes laaibordpl­ank van 35 cm elk en twee van 50 cm. Draai die deksel nou onderstebo sodat die stutplanke onder is en lym en skroef die 35 cm-lengtes oor die dwarste van die kort plankies by die linker- en regtergat vas. 16 Doen dieselfde met die 50 cm-lengtes by die middelste gat. 17 Die langer lengtes in die middel sal help om die las in jou deksel stewiger te maak.

Sit die deksel terug op sy plek sodat die rand gelyk is met die agterste sy van jou kis. 18 Skroef die skarniere aan die agterkant van die kis en die deksel vas, 19 sowat 15 cm van die buiterande af.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa