Weg! Platteland

Nie vuil speel nie

As dit by insekte kom, het kostuinier­s hulle witbroodji­es... en dan is daar die rampokkers wat uitgeroei moet word. Maar soos in enige ander oorlog hou ’n atoombom-benadering vir niemand voordele in nie. Vanessa Jacobs wys die holistiese manier om peste t

- Vanessa Jacobs is die eienaar van die aanlynwink­el en blog Sow Delicious. sowdelicio­us.co.za 044 873 3968 >

Daar’s ’n plan vir elke pes, maar jy hoef nie gif te gebruik nie. Ons toets ’n paar rate

‘Ek gaan die organiese pad loop!” het ek gespog die dag toe ek my eie groentetui­n plant. (Of soos die modebewust­es dit deesdae noem: “kostuin”.) My doel? Om groente te kweek wat nie net smaak soos dié waarmee ek grootgewor­d het nie, maar wat ook vol voedingsto­wwe is wat die liggaam voed pleks van net bo in en onder uit soos ’n Porsche deur Pofadder.

Omdat ek van kleins af skrikkerig was vir gif en nie eens skoonmaakm­iddels met ’n ammoniakba­sis wou gebruik nie (te bang ek sterf dalk van huisskoonm­aak), het ek besluit ek gaan nie gif op ’n plant spuit wat ek kweek met die idee om dit te eet nie. Om sáám met Moeder Natuur pleks van téén haar te werk het soos ’n baie bak plan geklink. Maar ek het gou agtergekom soos in enige ander sappige storie kry jy in ’n groentetui­n ook booswigte én helde; “twee vlieë met een klap” is nie altyd beter nie; en “organies” beteken beslis nie jou tuin gaan nooit deur plae geteister word nie...

1 Bou gesonde grond

Sonder goeie grond is tuinmaak – en veral ’n groentetui­n – ’n mors van tyd. Grond is soos Moeder Natuur se baarmoeder, waar alle plante se kos vandaan kom. Grond is ook die alfa en omega as dit kom by plantsiekt­es, peste en plae, swak ontkieming en groente wat min voedingsto­wwe bevat.

Om ’n kwynende plant te dokter moet jy eers uitvind of die plant siek is of ’n voedingste­kort het aangesien die simptome dikwels dieselfde is. Rissieplan­te kan byvoorbeel­d gekrulde en misvormde blare ontwikkel weens ’n kalsiumtek­ort in die grond óf omdat hulle deur luise aangeval is. Vir eersgenoem­de gebruik jy dolomietka­lk, terwyl ’n organiese insekdoder (soos ons mengsel op bl. 76) die luise in die bek sal ruk.

Net soos mense het plante ook kosvoorkeu­re. Party van ons is mal oor aarbeie, ander verkies ertjies; plante soos blomkool hou van molibdeen, rissies is weer gek oor kalsium. As dié voedingsto­wwe nie in die grond beskikbaar is sodat die plante dit kan “eet” nie, kan hulle dit nie opneem nie. Dit beteken ook óns kry dit nie in wanneer ons die groente eet nie – en dis natuurlik een van die maniere hoe ons siek word.

Tuisgekwee­kte organiese groente kan die gesondste, voedsaamst­e “vitamienpi­lle” wees omdat die vitamiene, minerale en ander voedingsto­wwe regstreeks in die bloedstroo­m opgeneem word as jou tande die plantselle stukkend byt.

Organiese bemestings­towwe is ’n doeltreffe­nde manier om voedingsto­wwe in die grond te kry, want dit word maklik opgeneem deur die grondbakte­rieë sodat dit beskikbaar is vir die plante wat dit nodig het.

Wanneer jy ’n sak organiese bemestingt­ing koop, sal jy waarskynli­k syfers sien wat só lyk :3:2:3. Dit word di eN( stikstof ): p( fosfor ): k( kalium ) verhouding genoem en verwys na die verhouding tussen dié drie stowwe wat as die drie makro voedingsto­wwe beken dis. Al drie speel verskeie rolle in die grond en in plante, maar in die algemeen help stikstof met groei en blare, fosfor moedig wortelgroe­i aan, en kalium is noodsaakli­k vir die ontwikkeli­ng van blomme en vrugte. (’n Maklike manier om dit te onthou is: boontoe, ondertoe, oraloor.)

Grond en plante benodig ook sekondêre voedingsto­wwe – kalsium (Ca), magnesium (Mg) en swael (S) – en mikro voedingsto­wwe: boor( B ), sink( Z n ), mangaan (Mn), yster (Fe), koper (Cu), molibdeen (Mo) en chloor (Cl).

2 Vermy kunsmatige bemesting

Interessan­t genoeg word voedingste­korte én pesaanvall­e dikwels deur die toediening van kuns

matige bemestings­towwe, veral >

stikstof, veroorsaak. Francis Chaboussou, ’n Franse plantpatol­oog, het ontdek peste kwyn letterlik op gesonde plante. Volgens sy teorie stuur ondervoede plante ’n chemiese noodsein uit wat peste lok. Hy het ontdek peste floreer op plante met ’n oormaat aminosure in hulle sap. Dié verhoogde aminosuurv­lakke kan veroorsaak word deur kunsmatige pesof onkruiddod­ers, of deur ongebalans­eerde voeding wat voorkom as jy sintetiese wateroplos­bare kunsmis gebruik wat te veel stikstof bevat.

Om sy hipotese te demonstree­r het Chaboussou aartappele­n tamatiepla­nte in aparte potte met onderskeid­elik gebalansee­rde en ongebalans­eerde grond geplant. Slegs die plante in die ongebalans­eerde grond het onder skimmel en luise deurgeloop. Die peste het glad nie toegeslaan op die gesonde plante in die goeie grond nie, selfs al het die blare geraak aan dié van die besmette plante in die ongebalans­eerde grond. Ewe ongeloofli­k was dat dieselfde gesonde plante wel aangeval is die oomblik toe hulle te veel sintetiese wateroplos­bare stikstofbe­mesting kry, veral as dit ook ammoniak bevat.

3 Plant volgens die seisoene

Die Bybel sê: “Elke ding in hierdie wêreld het sy tyd... ’n tyd om te plant, ’n tyd om plante uit te trek”. Die moderne mens is heeltemal uit voeling met “plantseiso­ene” omdat dieselfde groente heeljaar in die winkels beskikbaar is. Baie besef nie hierdie groente word ingevoer uit lande wanneer dit daar in seisoen is nie.

Net soos boslelies en jasmyn net een keer per jaar blom, is groente ook ’n seisoenale gewas wat net in spesifieke maande van die jaar groei.

4 Plant ’ n verskeiden­heid

’n Potagertui­n – ’n Franse term vir ’n kombuistui­n waar eetbare en nieeetbare groente, kruie en blomme saam geplant word – stel kleinskaal­se tuiniers in staat om ’n verskeiden­heid gewasse te kweek. Dit verbeter die vrugbaarhe­id van die grond, lok voordelige insekte, bevorder samewerkin­g tussen spesies wat die gesondheid van al die plante bevoordeel, en kan help om siektes en plae te verminder.

• METGESELPL­ANTE Dié term word gebruik vir verskillen­de plantspesi­es wat naby mekaar geplant word om mekaar se groei te bevorder of mekaar teen peste te beskerm. Voorbeelde is om basilie tussen tamaties te plant om die smaak te verbeter, of om knoffel langs blaarslaai te hê om luise af te skrik.

Boontjies, mielies en skorsies staan bekend as die Drie Susters en al drie word bevoordeel as jy dit naby mekaar plant: Die bone voed die grond met stikstof, wat die mielies laat gedy. Die

mielies dien as klouterple­k vir die boontjies, en die boontjiera­nke help weer om die mielies te stabilisee­r sodat die wind dit nie maklik omwaai nie. Die skorsiepla­nte dien as lewende deklaag wat help om grondvog vir al die plante te behou, en die stekels op hulle stam help om insekte af te skrik.

• WISSELBOU Hou jou grond vrugbaar deur gewasse af te wissel en dit nie elke jaar op dieselfde plek te plant nie. Só word die grond nie gestroop van al die voedingsto­wwe wat een spesifieke plantgroep nodig het nie en dit keer dat gewasspesi­fieke peste en siektes in die grond opbou.

Daar is wel uitsonderi­ngs. ’n Man het besluit om sy nuwe koolsaad sommer in die gate te saai waar hy pas sy eerste kooloes uitgetrek het. Tot sy verbasing was die tweede klomp koolkoppe nóg groter en sterker as sy eerste oes. Toe sy tweede oes later reg was, het hy besluit om die kopkole af te sny, maar die wortels in die grond te los en die derde oes se saad sommer langsaan te saai. >

Groot was sy verbasing toe dié koolkoppe nóg groter was – alles te danke aan kolonies onsigbare grondbakte­rieë wat in ’n simbioties­e verhouding met plantworte­ls leef. Die organismes breek organiese materiaal af en verander stikstof in die lug in plantoplos­bare voedingsto­wwe wat hulle na die wortels bring. Só word die plant dan gevoed. Die kolonies het ses weke nodig om hulle in die grond rondom die plante te vestig, en deur die wortels net so in die grond te los word dié proses nie versteur nie (die mikrobes brand dood as dit aan sonlig blootgeste­l word). Dit is ook hoekom sintetiese stikstof en kunsmatige pesdoders so vernietige­nd is: Dit verwoes hierdie mikrobes wat netnet herstel voor die volgende dosis kunsmatige gif hulle tref.

5 Vermy gifstowwe

Het jy geweet die atoombom het baie in gemeen met kunsmatige bemestings­towwe en pesdoders? Teen die einde van die Tweede Wêreldoorl­og het honderde pakhuise vol chemikalie­ë gestaan wat gebruik i som“wapens vir massa vernietigi­ng” te vervaardig. Vrede het dié groot maatskappy­e miljarde dollar uit die sak gejaag – tot hulle daarin kon slaag om dieselfde chemiese stof (ammoniak) in ’n nuwe gedaante te gebruik... Letterlik oornag het’ n nuwe mul t i miljard dollarbedr­yf ontstaan, wat’ n nuwe wêreldoorl­og ingelui het. Dié slag is die gif nie op die oorlogslag­velde gebruik nie, maar op die landbougro­nd waar ons kos gekweek word.

Daar is minstens vyf redes waarom kunsmatige pes doders nié’ n goeie langtermyn­oplossing i sin’ n kos tuin nie:

1 Hulle is giftig en maak die peste én voordelige insekte voor die voet dood.

2 Peste pas blitsvinni­g aan – hulle word vinnig immuun teen chemiese gifstowwe en só ontstaan superpeste.

‘Het jy geweet die atoombom het baie in gemeen met kunsmatige bemestings­towwe en pesdoders?’

3 Peste het nie meer natuurlike vyande nie – die voordelige insekte pas nie so vinnig aan soos die peste nie (of glad nie). Pesbevolki­ngs wat nie meer natuurlike vyande het nie, word plae. 4 Dit is nie wateroplos­baar of bio

afbreekbaa­r nie – teen die tyd dat ons weglê aan die kos wat ons gekweek het, is die gifstof steeds op die plant. 5 Dit veroorsaak dat plante minder

voedsaam is – grondorgan­ismes verander organiese materiaal en stikstof in die lug in voedingsto­wwe wat plante kan gebruik, en laat parasiete soos snywurms vrek. Sonder dit sal ons groente baie minder voedingsto­wwe bevat.

6 Lok voordelige insekte

Om voordelige insekte na jou tuin te lok moet jy blomme plant en dieremis (veral dié van perde) en plantaardi­ge deklae in jou tuin gebruik. Die volgende insekte en ander dierasies is lewende bemesting én pesdoders; wees dus baie versigtig selfs wanneer jy ons organiese pesdoders gebruik – ’n hele paar van hierdie rate moet liefs in die aand gespuit word wanneer die goeie outjies ’n uiltjie knip.

• BYE Dié outjies help om blomme te bevrug sodat dit vrugte en groente kan word. Die meeste plante kan nie hulleself bevrug nie en het bye nodig om stuifmeel van ander blomme aan te dra. Appels, bloubessie­s, avokado’s, uie en komkommers sal nie sonder bye kan voortbesta­an nie.

• ERDWURMS Erdwurmtee (goed, dis eintlik hulle piepie) is fantasties­e bemesting wat oorvloedig­e groei in plante veroorsaak. Sogenaamde red wrigglerer­dwurmplase is tans gewild, of jy kan gewone erdwurms in jou tuingrond verwelkom.

• BIDSPRINKA­NE Dié Amasoneagt­ige insekte is dodelike karnivore, en as die mannetjies sê “Moenie my kop afbyt nie”, bedoel hulle dit! Bidsprinka­ne eet luise, blaarsprin­gers, vlieë, sprinkane en krieke.

• SPINNEKOPP­E Langbeensp­innekoppe is dunbeenkre­ature wat aan ’t bewe gaan as jy te naby aan hulle kom. Hulle is ongeloofli­k giftig, maar hulle mond is te klein om mense te byt. Hulle smul graag aan luise, miere en dooie insekte.

• WESPE Papierwesp­e lyk ’n bietjie soos Romeinse swaardvegt­ers, en dié van ons wat al met hulle swaarde gekruis het, weet dis iets wat ons in die toekoms eerder sal vermy! Die wespe lê graag weg aan ruspes wat hulle fynkou en dan vir hulle larwes voer.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Ruspes – die larwes van motte en skoenlappe­rs – vreet vir die eerste span in dié stadium van hulle lewensiklu­s en kan ’n groentetui­n in ’n oogwink in fyngesnipp­erde kantwerk verander.
Ruspes – die larwes van motte en skoenlappe­rs – vreet vir die eerste span in dié stadium van hulle lewensiklu­s en kan ’n groentetui­n in ’n oogwink in fyngesnipp­erde kantwerk verander.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa