Weg! Platteland

Die man wat alles rook

’n Mens kan omtrent enigiets in jou ketelbraai rook – van vleis en vis tot groente en kaas. In die somer kan dit ’n baie gesellige storie wees, en dan praat ons nie eens van die oorskiet die volgende dag nie!

-

Spek, salami, wors, olyfolie, worcesters­ous, wasabi, sjokolade, noem maar op

Rook word al eeue lank gebruik om kos te preserveer en geur, maar in die winkels betaal jy deesdae ’n plaas se prys vir enigiets wat met ’n lekker rokerige geurtjie spog. Tog is dit met ’n bietjie oefening verbasend maklik om die rookwerk self by die huis te doen. Jy het nie eens ’n roker of rookboks nodig nie – ’n gewone ketelbraai en ’n bietjie geduld sal deug.

Wanneer kos gerook word, gebruik jy óf ’n koue- of ’n warmrookme­tode. Eersgenoem­de, wat gewoonlik gebruik word vir salm en ander vis, botter, kaas en sekere vleissoort­e, beteken bloot die rook word afgekoel voordat dit die kos bereik. Die kos en die hittebron is ver van mekaar en die rook word met ’n pyp na die kos toe gelei.

In dié artikel fokus ons op die warmrook- oftewel hot smoking- metode waar die kos ook gaargemaak en dikwels dadelik voorgesit word. ’n Ketelbraai, rookboks of roker werk goed hiervoor. Lees die verpakking as jy gaan saagsels koop, want nie alle soorte is geskik vir alle vleis of vis nie.

 ?? RESEPTE EN STILERING ALETTA LINTVELT FOTO’S MYBURGH DU PLESSIS
KOSASSISTE­NT ANDREA MASKEW ??
RESEPTE EN STILERING ALETTA LINTVELT FOTO’S MYBURGH DU PLESSIS KOSASSISTE­NT ANDREA MASKEW
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa