Weg! Platteland

Vertel ons

- Heleen Niere, PAROW

Hoender- en ander stories

Ek het die groot hoenderver­slag in Platteland #8 geweldig geniet omdat daar altyd hoenders op ons werf was.

Hoenders is die volopste voël op aarde, maar hulle het my van kleins af geboei. Watter kind kan immers ’n oulike geel kuikentjie weerstaan?

Ek het omtrent elke skoolvakan­sie na die troeteldie­rwinkel gegaan en skelm ’n kuiken gekoop. My ouers het dit aanvaar, want hulle het geweet dit sou ’n vreeslike tranedal afgee as ek die kuiken moes terugneem. Teen die einde van die skoolvakan­sie was die kuikens mak, en dan het hulle gewoonlik my ma se hart gesteel. Sy het hulle opgepas as ek moes teruggaan skool toe.

Maar as een van die kuikens in ’n haan verander het, moes hy teruggaan troeteldie­rwinkel toe. Ek het dit van die begin af geweet en aanvaar, maar as een te sterwe kom, was ek siek en kon vir ’n dag of twee selfs nie skool toe gaan nie.

Die hoenders het my pa grensloos geïrriteer, want hy was baie lief vir sy tuin en hulle weer baie lief vir skrop... Hoewel ek hoendervle­is eet, sus ek my gewete dat die hans hoenders net so lekker saam geëet het aan die gebraaide hoender. Behalwe vir ’n paar haakplekke het hoenders, hase, katte en mense in harmonie saamgewoon in ons huis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa