Weg! Platteland

Druiwe

Die kraaie gaap, maar jy lê laag in die koelte van jou druiweprie­el. Jy teug aan ’n glas koue witwyn en peusel aan knarssoet druiwekorr­els of roosterkoe­k met ’n dik smeersel korrelkonf­yt... ja, sê Maja Palm, dis hoog tyd om ’n wingerd( jie) in jou agterpl

-

’n Wingerd is die toonbeeld van vrygewighe­id: Jy kry vrugte, wyn, sap, rosyntjies, koelte...

ruiwe ( Vitis vinifera) is naas piesangs en appels die wêreld se gewildste vrug (wat tonnemaat betref), en danksy ons lang, warm somers is Suid-afrika by uitstek wyn-, tafeldruif- én rosyntjiew­êreld. Sedert Jan van Riebeeck in 1655 die eerste wingerdsto­k in die Kompanjies­tuin geplant en Simon van der Stel in 1679 die Franse wynmaakkun­s na die Kaap gebring het, floréér die bedryf. Druiwe vul die grootste deel – 34% – van ons land se sagtevrugt­emandjie, ons is op sewe na die grootste wynproduse­nt ter wêreld, en tussen 2003 en 2013 het ons wynuitvoer­e meer as verdubbel.

Die tafeldruif­bedryf het laas jaar sy grootste oesseisoen sedert dereguleri­ng in 1997 beleef, en byna 59 miljoen boksies van 4,5 kg elk is uitgevoer. Naas Chili en Peru is Suid-afrika die grootste uitvoerder van tafeldruiw­e in die Suidelike Halfrond. Ons is ook op vier na die wêreld se grootste uitvoerder van gehalteros­yne, en ja, al beland ons beste druiwe en rosyne op winkelrakk­e in Europa en die Ooste, is die naasbeste waarmee ons tevrede moet wees, nie te versmaai nie.

Die beste nuus is dat druiwestok­ke taai, aanpasbare kalante is, en mits jou agterplaas genoeg son kry – en verkieslik geen ryp nie – kan jy jou eie wingerd plant. Die kenners vertel jou hoe.

1 Kies die regte kultivar

Lelienfont­ein-wingerdkwe­kers by Wellington in die Wes-kaap is die grootste stokkieskw­ekery in Afrika waar daar elke jaar meer as agt miljoen stokkies wyn-, tafel-, en rosyntjied­ruiwe geënt word. Volgens Jannie Bosman ( foto bo), Lelienfont­ein se kwekerybes­tuurder en ook die agtste geslag Bosman op dié plaas, moet jy eerstens kyk watter druiwe aard in die omgewing waar jy bly.

• Vir eet “Vir my is die soet, pitlose sultanina (‘Thompson seedless’), kraakvars rooi ‘Crimson seedless’ of hanepoot (gepit) met sy muskaatgeu­r en -smaak die lekkerste. Danksy hulle hoë suikerinho­ud kook jy ook baie lekker konfyt van sultanina en hanepoot.”

• Vir wynmaak “Besluit of jy wit- of rooiwyn wil maak. Rooiwyn is in die algemeen makliker om te maak en rooi druiwe is ook minder gekomplise­erd as wit druiwe. Shiraz is die rooi kultivar wat sonder moeite groei en nie sommer siek word nie, terwyl chenin blanc ’n wenner is as jy witwyn wil maak.”

D

• Vir rosyntjies “Probeer merbein seedless, datal (met pitte) of sultanina – dié kultivars droog maklik sonder om te begin vrot, maar reën gedurende die droogprose­s of net voor jy oes sal veroorsaak dat die druiwe vrot en nie gedroog kan word nie.”

• Vir ’n prieel “Die Australian Vine en Gloria is sterk groeiers. Omdat hulle nie druiwe dra nie, hoef jy hulle nie te spuit nie, en jy sal nie sukkel met honger voëls of korrels wat op jou stoep val nie. Én die blare is pragtig rooi in die herfs.”

2 Kies die regte planten rankplek

• Son Kies die heel sonnigste plek in jou tuin. Sonder genoeg sonlig kan die druiwe nie ryp word nie. Sonlig help ook om siektes te beperk.

• Grond “Wingerdsto­kke is baie aanpasbaar en sal in ’n verskeiden­heid grondtipes groei,” sê De Witt Kamfer ( foto links), ’n win-gerdboukun­dige wat al 11 jaar tafeldruif­boere reg oor die land help. “Goeie dreinering is noodsaakli­k – plante versuip in nat kleigrond en dit kan ook tot wortelsiek­tes lei.”

• Opleistels­el Die druif is ’n rankplant en daarom moet jy ’n opleistels­el hê wat geïnstalle­er is vóórdat jy jou wingerdsto­kkies koop. Die belangriks­te is dat dit sterk genoeg is om die plant te help om die gewig van die trosse te dra. Dit moet verder maklik wees om die druiwe te bewerk en die plante moet genoeg sonlig en goeie lugsirkula­sie hê om siektes en peste te voorkom – ook sodat die vrugte kan ryp word.

“Vir huistuine sal ek altyd ’n dakprieel aanbeveel,” sê De Witt. “Dit lyk mooi, sorg vir koelte en jy kan die vrugte oes.”

3 Koop die beste stokkies

Die meeste geregistre­erde kwekerye verkoop wingerdsto­kkies in bondels van 50. Wees op die uitkyk vir ’n blou kaartjie aan die bos – dit is ’n sertifise-ringsetike­t wat jou die versekerin­g gee die fisieke standaarde is reg: die entlas is sterk genoeg, die stokkie het genoeg wortels en die bogroei is minstens 10 cm lank, sê Jannie Bosman. Gesertifis­eerde stokkies is geënt op ’n gepaste onderstok, wat meer bestand is teen grondplae soos filloksera en aalwurm.

’n Mens loop soms enkelstokk­e raak by gewone kwekerye, maar jy kan só maklik vir jou ’n kat in die sak koop.

4 Só plant jy

• Die regte tyd Die beste planttyd – Augustus en September, net nadat die stok uit sy winterslaa­p ontwaak het en voordat die ogies begin swel of uitbot – is ongelukkig verby, sê Jannie, maar jy kan nou al besluit waar jy volgende jaar jou wingerd gaan plant en solank die opleistels­el installeer.

• Die regte plantgat(e) “Hoe groter die plantgat, hoe beter,” sê De Witt. “Dit is belangrik dat die wortels vrylik uit die gat kan beweeg om die grond ten volle te benut. Gebruik eerder ’n vurk as ’n graaf om die gat te maak sodat die kante nie dig ‘smeer’ nie. Hoe groter die wortelstel­sel, hoe beter die stok se vermoë om te produseer. Die gat moet minstens groot genoeg wees sodat geen van die stokkie se wortels aan die kante van die gat raak as jy dit plant nie.”

Die afstand tussen die plantgate sal afhang van die kultivar, tipe onderstok en prieelstel­sel, maar De Witt meen 1,8 m is ’n goeie afstand vir tafeldruiw­e.

• Die fyner kunsies Diederik le Grange ( foto regs), wynmaker en die vyfde geslag Le Grange op die organiese wynplaas Fernskloof ( fernskloof.co.za) buite Prins Albert, sê jy moet die grond om die stokkie só vastrap dat jy dit nie sommer met die hand kan uittrek nie. “Sorg ook dat die entlas minstens 50 mm bo die grond uitsteek. ’n Deklaag van byvoorbeel­d strooi of braaivuura­s (van regte hout) om die stammetjie sal help om vog in die grond te hou en dit skep ook ’n lekker medium vir wortel groei en erdwurm aktiwiteit ,” sê hy. “Moet nooit kunsmis direk in die plantgat gooi nie. Erd die grond rondom elke stok op, dan kan jy organiese kunsmis soos Bounce Back of Rapid Raiser van Neutrog sommer in dié dammetjie gooi as jy die stok natmaak.”

5 Hou jou wingerd gelukkig

Dis een ding om druiwe vir jou eie tafel te kweek, maar Peu Bezuidenho­ut ( foto onder ), een van die Oranjerivi­er se tafeldruif pioniers, meen vir die uitvoermar­k is die druif ’n moeilike kalant om te bestuur.

“Elke korrel, oftewel bessie, in die tros is ’n vruggie op sy eie. Dis ’n uitdaging om dié korrels ewe soet en dieselfde kleur te kry. In druiweboer­dery >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? 1 Die beste planttyd vir druiwe is Augustus en September, net nadat die plant uit sy winterslaa­p ontwaak het, maar vóór die eerste botsels hulle verskyning maak. 2 Elke korrel is ’n vruggie op sy eie – die kuns is om al die korrels ewe soet en dieselfde kleur te kry. 3 Sorg dat die opleistels­el gereed – en sterk genoeg – is as jy stokkies plant.
1 Die beste planttyd vir druiwe is Augustus en September, net nadat die plant uit sy winterslaa­p ontwaak het, maar vóór die eerste botsels hulle verskyning maak. 2 Elke korrel is ’n vruggie op sy eie – die kuns is om al die korrels ewe soet en dieselfde kleur te kry. 3 Sorg dat die opleistels­el gereed – en sterk genoeg – is as jy stokkies plant.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa