Weg! Platteland

Nuus en dagboek

Nuus, lekker nuwe markte, plus ’n paar plesierige planne om die somer én die Feestyd behoorlik te vier.

-

Nuwe markte en muskietmoo­rdplanne

• STELLENBOS­CH By die Spier Werf-mark wat elke Saterdag van 09:00 tot 14:00 op dié wynplaas se pas gerestoure­erde historiese werf langs die R310 buite Stellenbos­ch gehou word, is die wagwoorde volhoubaar, organies, plaaslik, seisoenaal en tuisgemaak. Daar is nie net vars groente, vrugte, eiers en vleis nie, maar ook die heerlikste kaas, drinkgoed, plante, wurmplase, vermaak vir die kinders en selfs ’n stalletjie waar jy erfenissaa­d kan ruil. Daar word ook elke Saterdag ’n werksessie aangebied (kaartjies kos R250). By Tree-preneurs (foto regs bo) se stalletjie kan jy geld skenk in ruil vir spekbome wat koolstof opslurp. Toegang is gratis. spier.co.za/visit/market • BREDASDORP Die Rooi Deur-oggendmark is die breinkind van Bertus Hayward en Nelmarie van Zyl wat elke eerste Saterdag van die maand en die eerste Saterdag ná die 15de van die maand in die ou Spar-gebou in Dirkie Uysstraat gehou word. Maak tussen 09:00 en 13:00 ’n draai vir konfyt, hekelwerk, fudge, grootkoeke, kleinkoeki­es, beskuit, melktert, sop, oudhede, kuns, boeke, kinderspee­lgoed, wildswors, salami, wol en nog vele meer. Vir meer inligting bel 082 541 8280. • MOORREESBU­RG Die Harvest-mark is in 2015 begin deur Carien (foto links) en Piet Alberts, ’n jong egpaar wat die betonoerwo­ud vir ’n ou plaashuis en organiese groentetui­n in die Swartland verruil het. Die mark word van 09:00 tot 14:00 op die eerste Saterdag van elke maand gehou – kom maak ’n draai by die volgende een op 6 Februarie 2016 vir enigiets van tuingroent­e, brood, olyfolie, kaas en ingemaakte produkte tot burgers en groen skoonmaakp­rodukte. Jy kan ook op Platteland inteken. 083 285 6482 (Carien) carien@greenlove.co.za Harvest Market Swartland

 ??  ?? Carien Alberts van die Harvest-mark op Moorreesbu­rg
Carien Alberts van die Harvest-mark op Moorreesbu­rg
 ??  ?? Duncan Olckers en Wadeela Tofa van Tree-preneurs by die Spier Werf-mark
Duncan Olckers en Wadeela Tofa van Tree-preneurs by die Spier Werf-mark

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa