Weg! Platteland

Tuindagboe­k

Basilie, pietersiel­ie, salie... noem maar op. In die warm maande is kruie op hulle geilste. Hier is ’n plek wat nie net kruie verkoop nie, maar ook ’n rits ander interessan­te plante. En die goeie nuus is hulle lewer landwyd af.

- DEUR MAJA PALM

Hier’s ’n klompie skaars kruie- en medisinale plante

Aan die voet van die Magaliesbe­rg oos van die Hartbeespo­ortdam lê Mountain Herb Estate, ’n familieond­erneming waar al tien jaar met kruie geëksperim­enteer word. Zirkia Swart, medeeienaa­r, sê hier kan jy al die wonderlike kruieplant­e koop waarvan jy net in boeke lees: Indiese ginseng, wildeals, kankerbos, nastergal, tomatillo en nog vele meer. Die goeie nuus is dat Mountain Herb Estate plante, droë kruie en saad reg oor die land koerier. Hier is ’n paar wat jy moontlik nog nie in jou tuin het nie.

Tandpynpla­nt ( Spilanthes acmella var. Oleracea) “As jy dié plant se blomkop byt, word spilanthol vryge stel, ’n stof wat ’n vreemde tintelgevo­el in jou mond veroorsaak en tandpyn en keelseer help verdoof. Gebruik die vars blare net so in slaai, of stowe die blare en blomkoppe saam en sit dit voor met enige groenteger­eg.”

Wildeappel­liefie of inka

bessie ( Physalis peruviana) “Die inkabessie dra vruggies met ’n lanternvor­mige hulsel en smaak na kersietama­tie met ’n sweempie kaneel daarby. Die vruggies kan vars geëet word óf jy kan dit stowe en dan gebruik in terte, koeke, jellies en salsas. Dit kook ook lekker konfyt en blatjang. Die vrugte is nie net proteïenry­k nie, maar ook propvol vitamien A, C en B.” Borrie ( Curcuma longa) “Borrie is ’n meerjarige plant met ’n blaarvorm soos dié van kannas. Die risome word vars gebruik of gedroog en verpoeier. Borrie het ’n aardse, ietwat bitter en peperige smaak, en word tradisione­el gebruik in kerries en as geel koskleurse­l.” Ceylonspin­asie ( Basella rubra) “Die blare van dié vinniggroe­iende rankplant kan vars geëet word en smaak soos beet. Jy kan dit ook saam met ander groente in bredies sit. Die blare is ryk aan vitamien A en C, kalsium en yster. Dit het min kalorieë, maar is ’n goeie bron van proteïen en vesel. Die sap kan ook as pers kleursel gebruik word.”

Tomatillo ( Physalis ixocarpa) “Die tomatillo dra klein tamatievor­mige vrugte in ’n hulsel, en die vrug raak mettertyd pers. ’n Ryp tomatillo eet jy net so van die plant af, óf kikker ’n bredie, sop, konfyt of ’n tamatieter­t daarmee op. As jy ’n salsa met tomatillo wil maak, moet jy dit pluk voordat dit heeltemal ryp is.”

Kontak 082 924 3076 herbgarden.co.za

Die oorvloedig­e seisoen in die tuin het aangebreek. Uitbundige kleure en geure. Mandjies vol vrugte, groente en kruie. Rol jou moue op en begin plant, proe en oes.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa