Weg! Platteland

Blikbrein- biltong

- Johan van der Merwe Joubert, PAARL

Mense gooi daagliks ou rekenaarbo­kse weg. Ek het al die binnegoed (behalwe die kleiner waaiertjie aan die bokant) uit ’n ou rekenaarka­s gehaal en ’n gloeilamp geïnstalle­er. Al die openinge is toegemaak met gaasdraad en ek het twee dwarsbalki­es ingesit waaraan jy biltong en wors kan ophang. Ek gebruik sommer skuifspeld­e vir die biltong, en die wors word net so oor die dwarsbalki­e gehang met kombuispap­ier onderin. Die rekenaarka­s word dan verseël met sy deksel.

Die gloeilamp verskaf hitte, die waaiertjie sorg vir lugsirkula­sie en die hele storie staan in die kombuis en lyk nes ’n kombuisrek­enaar. Eers as jy nader staan, gewaar jy die vleis binne-in.

Dit neem onderskeid­elik 3-4 en 5-6 dae voor die droëwors en biltong reg is om te eet. Te lekker.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa