Weg! Platteland

GM IS KENNERSKOS

- Hennie Groenewald, SOMERSET-WES

Dit is waarskynli­k ’n bietjie mosterd ná die maal, maar ek het ongelukkig eers onlangs Platteland #7 te lees gekry met die reaksie op julle artikel oor GM. Ek skryf om julle te bedank dat julle ’n kenner van die onderwerp gevra het om die artikel te skryf.

Gm-tegnologie is ongelukkig steeds in ’n spiraal van negatiewe opvattings en onakkurate feite vasgevang, en die klomp briewe in Platteland bewys dit nogmaals. Die skrywers maak deur die bank foutiewe (selfs absurde!) afleidings en bewerings wat weer die volgende stel lesers gaan beïnvloed... Dit is ongelukkig per definisie ’n tegniese onderwerp wat nie onder die knie gekry kan word deur “slegs vier artikels te lees” nie.

Vir diegene wat in die feite belang stel, gaan dit nog baie gesprekke verg om al die misverstan­de uit die weg te ruim. Vir dié met ’n beginselbe­swaar of eie agenda sal dit natuurlik nooit gebeur nie en hulle sal aktief aanhou om onakkurate inligting te versprei. By Biosafety SA het ons onlangs met ’n inisiatief begin om die gesprek se fokus ’n bietjie te verskuif na Suid-afrika se wêreldklas regulatori­ese stelsel wat die nodige kundigheid, verskeiden­heid, verteenwoo­rdiging, mandaat en pligsbesef het om ons verbruiker­s én innoveerde­rs se belange te beskerm.

As die huidige kommersiël­e GM gewasse rêrig skuldig was aan al die goed waarvan dit so oppervlakk­ig beskuldig word, sou dit werklik al die betrokkene­s, ook wêreldwyd, “om die bos kon lei”? Nee!

Dankie vir ’n baie interessan­te tydskrif en die onderhoudi­ng van die droom om eendag weer terug te trek platteland toe!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa