Weg! Platteland

Groente is nou smaakloos

- Hester Hendry, SIMONSTAD

Dave Pepler se rubriek “Die tuine van my jeug” ( Platteland #8) het my laat terugdink aan Suid-afrikaners se eenvoudige leefstyl jare gelede.

Ek onthou Potchefstr­oom het ook in die jare vyftig nog leiwatersl­ote gehad, en die groente en vrugte het daardie jare nog ’n natuurlike smaak gehad. Vandag smaak alles na niks.

Ons doen ons inkopies by ons naaste supermark, waar jy deesdae verskillen­de kleure wortels en 20 ver- skillende soorte tamaties kry. Ek praat nie eens van die “babagroent­e en -kruie” wat nou so hoogmode is nie, maar niks smaak lekker nie. Ag nee wat, dit was baie beter in die ou dae!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa