Weg! Platteland

Toe Boksburg nog ’n dorp was…

- Maureen Gouws, BOKSBURG

Gister land die nuutste Platteland in ons posbus en ek onthou weer die dag toe my man by die huis gekom het nadat hy die eerste uitgawe by die tandarts se spreekkame­r deurgeblaa­i het. “Jy moet gaan kyk vir die tydskrif in die winkels, daar is regtig iets van alles in,” het hy gesê.

Omdat ons partykeer nogal gesukkel het om Platteland in die winkel op te spoor het ons besluit om in te teken. Al woon ons in die stad – Boksburg, Gauteng – is daar verskeie platteland­se dorpe binne ’n uur se ry van ons af.

Die tydskrif word regtig van hoek te kant gelees en dan aangegee vir die kinders wat nie kan glo hoe mense nog op die platteland leef nie. Die tydskrif laat jou terugverla­ng na die dae voor die dolle gejaag en voor dorpe soos Boksburg ’n stad geword het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa