Weg! Platteland

Moet jy nee sê vir slaai?

-

Ons word van kleins af wysgemaak slaai is goed vir jou. Dis inderdaad laag in kilojoules ( jy kan ’n verstommen­de 18,5 kg per dag eet om jou daaglike aanbevole kilojoule-inname op te maak) en dit knars te lekker onder jou tande, maar al verskaf daardie pak peperduur slaaiblare uit die winkel darem ’n dosis vesel, bevat dit bittermin voedingsto­wwe omdat dit basies uit water bestaan.

Volgens die Amerikaans­e tydskrif Modern Farmer kos slaaiblare ’n fortuin om koel te hou en te vervoer én dis die vars produk wat die grootste kans staan om sleg en slymerig te word in jou yskas voordat jy dit kan eet.

Blykbaar word 500 miljoen kilogram blaargroen­te (dit sluit darem spinasie en kool in) jaarliks weggegooi, en slaaiblare is ook die skuldige in 22% van alle siektes wat deur kos oorgedra word, waarskynli­k omdat ’n mens dit gewoonlik rou eet.

Kan jy dus nou maar met ’n geruste hart die bord vol bokkos van die hand wys? Nee. ’n Veel beter oplossing is om elke drie weke ’n verskeiden­heid slaaiblare in jou eie tuin te saai. Op dié manier sal jy heeljaar kan oes net wat jy dadelik gaan eet sodat niks verlore gaan nie – en jy gaan ’n klein fortuin spaar as jy nooit weer daardie hartseer verlepte groengoed uit die winkel hoef te koop nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa