Weg! Platteland

Wegneemkun­s in ’ n boks

-

Dit lyk soos ’n deftige pizzaboks, maar klap jy hom oop, lê daar ’n oorspronkl­ike klein kunswerk van 15 x 15 cm, pragtig geraam en reg vir wegdra. Dis ’n nuwe konsep van Johan Brink (regs op die foto bo), baas van die Bitou-galery op Stormsrivi­er, en nog drie kunstenaar­s van dié OosKaapse dorp. Hulle is van links Susan Kemp, Marion Brink en Elzette Bester.

Die vier noem dit regte kuns vir regte mense; basta met neusoptrek­kerig ghrênd wees – jy hou daarvan of nie (en teen R895 elk is dit boonop heel bekostigba­ar). Gaan kyk kleinkuns by die Bitou as jy dié vakansie in die Tuinroete gaan draai, of kies iets moois op die webwerf stormsrive­rart.co.za.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa