Weg! Platteland

Plant (of borg) ’n boom

-

Om ’n boom te plant is waarskynli­k een van die beste dinge wat jy vir die aarde en die nageslag kan doen – en moet tog nie ’n flou verskoning gebruik soos “ek het nie tyd” of “ek het nie plek” nie. Met ons besoek aan Wildernis en Hoekwil (bl. 42) het die plakkaat van The Precious Tree Project ons oog getref. Dié organisasi­e probeer iets doen aan die feit dat net 30% van die Tuinroete se inheemse woude oor is: Hulle eerste mikpunt is om 1 000 bome (in groepe van 40 inheemse bome op 25 verskillen­de plekke) te plant. Jy kan ’n inheemse boom koop vir net R150 – en jy kry ’n sertifikaa­t met Gps-koördinate wat jou inlig waar vrywillige­rs hom geplant het. Precious Tree Project 1000precio­ustrees@gmail.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa