Weg! Platteland

Dinge vir jou dagboek

-

GAUTENG

Nickel-kersmark, Pretoria-oos Tot 16 Desember 2015 Dié Kersmark ten bate van volwassene­s met ’n gestremdhe­id spog met verskeie stalletjie­s wat enigiets van handgemaak­te produkte en dekor tot opvoedkund­ige speelgoed verkoop. Daar’s ook ’n teetuin en padstal, gratis veilige parkering en speelplek vir die kinders. Én ’n lekker Sondag-buffetete.

Waar? Plot 214, Lynnwoodwe­g, Zwavelpoor­t. Tyd 09:00-18:00 Kontak kwo.org.za

GAUTENG

Kamers, Pretoria 1-6 Desember 2015 Plaaslike ontwerp, handwerk, kuns, musiek, kos en nog baie meer. Waar? Open Window, Irene. Tyd? 09:00-18:00 Prys R50 p.p. as jy dit vooraf by plankton.mobi koop, of R70 p.p. by die deur (gratis vir o.18’s). Kontak kamersvol.com

KZN

Kersmark, Newcastle 5 Desember 2015 Die Evangelies-lutherse kerk verkoop tradisione­le Duitse handwerk, gebak en kos ten bate van die Kwahilda-sentrum vir kwesbare kinders in Osizweni. Daar is ook aktiwiteit­e vir die kinders. Waar? Oukliplaan 11. Kontak 076 530 5863

OOSKAAP

Rhodes River Park-mark, Rhodes Elke Saterdag, 5 Desember 20159 Januarie 2016 Dié dorpie naby Barkly-oos en die Tiffindell-skioord hou oor die vakansiety­d ’n mark in die hoofstraat met handwerk, vars vrugte en groente, boerekos en fynproewer­sprodukte. Tyd 09:00-11:00 Kontak 083 327 1724 (Sean)

WESKAAP

Kersmark, Riebeek-kasteel 5 Desember 2015 Die Kloovenbur­g-wyn-enolyfland­goed bied sy jaarlikse Kersmark aan met die beste produkte van dié vrugbare vallei. Kom koop Kersgesken­ke – van dekor en juweliersw­are tot plante, velsorg- en badprodukt­e en olywe en olyfolie – of lê weg aan allerlei lekkernye soos gerookte vleise, pizza, kaas, soet en sout wafels en koekies wat te koop sal wees. Waar? Kloovenbur­g-landgoed. Tyd? 09:30-15:00 Kontak 022 448 1635 kloovenbur­g.com

WESKAAP

Dance for All Imibulelok­onsert, Wynberg 5 Desember 2015 Sowat 150 dansers van die Dance for All-program wys hulle talente in dié produksie. Waar? Centenary Hall, Springfiel­d Convent. Tyd 14:00 en 19:00

Prys R50 p.p. (alle sitplekke is onbespreek.) Kontak danceforal­l.co.za

GAUTENG

Rotary-kersmark, Vanderbijl­park 6, 13 & 20 Desember 2015 Kom koop bekostigba­re geskenke, vaar op die rivier of lê weg aan die lekker kos en drinkgoed. Waar? Stonehaven on Vaal. Kontak stonehaven.co.za

WESKAAP

Gabriëlskl­oof Our Favourite Things-mark, Botrivier 11 & 12 Desember 2015 Die Heyns-familie van Gabriëlskl­oof nooi al hulle gunsteling-mense wat handgemaak­te, tuisgemaak­te, vars en mooi goed maak vir dié Kersmark waar die kos en wyn net so lekker is soos die mense. Gaan kyk in Platteland #6 (Herfs 2015) hoe jolig laasjaar se mark was. Waar? Op die plaas langs die Swartrivie­rpad buite Botrivier. Tyd Vrydag 17:00-21:00 & Saterdag 10:00-18:00 Kontak gabrielskl­oof.co.za 028 284 9865

KZN

Kersmarkfe­es, Hillcrest 15-19 Desember 2015 Handgemaak­te geskenke, dekor, speelgoed, kos en vermaak en prettige aktiwiteit­e vir alle ouderdomme.

Waar? City Hill-kerk, Greenmeado­wlaan 1. Tyd Dinsdag tot Vrydag 09:0020:00; Saterdag 09:00-13:00. Kontak kzncmf.co.za

WESKAAP

Groote Post-mark, Darling 27 Desember 2015, 31 Januarie 2016 & 28 Februarie 2016 Voortrefli­ke wyn, goeie kos, kuns, dekor, handwerk, musiek en goeie ou platteland­se gasvryheid op die laaste Sondag van elke maand. Waar? Groote Post-wynlandgoe­d. Kontak 022 451 2202 grootepost­countrymar­ket.co.za

WESKAAP

Up the Creek-musiekfees, Swellendam 28-31 Januarie 2016 Een rivier vol partytjied­iere, drie verhoë, 30-plus bands, ’n klomp komediante – diegene wat al daar was, sê dis soos Woodstock... net natter. Waar? ± 15 km buite Swellendam. Prys R900 vir ’n naweekpas (verskeie opsies op die webwerf). Kontak upthecreek.co.za

WESKAAP

Darling Music Experience, Darling 29 Januarie-14 Februarie 2016 Hoog aangeskrew­e plaaslike en internasio­nale musici sorg vir enigiets van kamermusie­k en opera tot jazz en crossover by dié Weskus-musiekfees waar die streek se beste wyn en kos ook te proe is. Waar? Verskeie intieme venues op die dorp. Prys Kaartjiepr­yse wissel. Kontak darlingmus­ic.org 072 015 1653

WESKAAP

Stellenbos­ch-wynfees 5-7 Februarie 2016 Kom proe van die land se voortrefli­kse wyne en fynproewer­skos by hierdie leefstylfe­es met skemerkons­erte deur onder andere Karen Zoid en Kurt Darren. Jy kan ook kom druiwe trap (morsig maar lekker) of aan allerlei sportuitda­gings deelneem. En daar’s oorgenoeg plesierigh­ede om die kroos uit die kwaad te hou. Waar? Coetzenbur­g-sportterre­in. Prys R180 p.p. (proeglas ingesluit) en R60 vir o.18’s – kaartjies is te koop by webtickets.co.za Kontak stellenbos­chwinefest­ival.co.za

LIMPOPO

Bessiefees, Magoebaskl­oof 6 & 7 Februarie 2016 Kom pluk jou eie vars bessies op die deelnemend­e plase, koop plaaslike produkte by die dorpsmark of neem deel aan die magdom feesaktiwi­teite wat op verskillen­de plekke in die omgewing aangebied word. Waar? In en om die dorp. Kontak berryfesti­val.co.za 082 903 7593 (Shahrzad)

WESKAAP

Beesloop, Worcester 12 Maart 2016 Koop ’n kaartjie vir R10 en staan ’n kans om die groot prys van R10 000 of vyf pryse van R1 000 te wen daar waar die bees mis! Daar’s ook stalletjie­s, ’n kleuterkok­kompetisie, trekker-enwaritte en ’n restaurant. Waar? Laerskool Worcester-oos. Tyd Vanaf 09:00 (om 12:00 loop die bees). Kontak 023 347 0453 kantoorwo@breede.co.za

WESKAAP

Plaasfees, Durbanvill­e 12 Maart 2016 Bring die kinders en geniet roofvoël- en slangverto­nings, skaapskeer, heilsame plaaskos, trekkers, plaasdiere en musiek deur Wynand & Cheree. Waar? Diemersdal-wynlandgoe­d. Prys R40 p.p. (R10 vir kinders) by Computicke­t. Kontak durbanvill­eplaasfees.co.za 082 376 3236 (Ilse)

 ??  ?? Gabriëlskl­oof-mark
Gabriëlskl­oof-mark
 ??  ?? Darling Music Experience
Stellenbos­ch-wynfees
Durbanvill­e Plaasfees
Darling Music Experience Stellenbos­ch-wynfees Durbanvill­e Plaasfees

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa