Weg! Platteland

Doen ditself

-

Jenny Aggenbach van Amanzimtot­i skryf sy het dié plan vir ’n muskietwip op Facebook raakgeloop en dit werk glo soos ’n droom vir die muskiete wat saans uit haar potplante te voorskyn kom en haar op haar agterstoep kom karnuffel.

Jy benodig

• 1 plastiekko­eldrankbot­tel (2 liter) • ¼ koppie (60 ml) bruinsuike­r • 1 koppie (250 ml) warm water • ½ teelepel (2,5 ml) kitsgis

Só maak jy

Sny die plastiekbo­ttel middeldeur. Meng die suiker en warm water, laat dit afkoel en gooi die mengsel in die onderste helfte van die bottel. Sprinkel die kitsgis bo-oor – dit skei koolstofdi­oksied af wat die muskiete lok. Sit die boonste gedeelte onderstebo in die onderste helfte (met die tuin na binne) en draai die bottel in iets swarts soos ’n stuk swart papier toe (muskiete is mal oor donker kleure). Sit die bottel iewers buite waar die muskiete graag in jou stoepplant­e of onder buitemeube­ls skuil. Vervang die mengsel elke twee weke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa