Weg! Platteland

Nasionale Melktertda­g... dis om die draai!

Niemand dink ooit die somermaand­e is te warm vir braai nie, en net so is dit nooit te warm om te bak nie. Ware baksters staan mos ieder geval saam met die hoenders op om hulle skilferkor­sdeeg uit te rol.

-

N asionale Melktertda­g – 27 Februarie 2016 – is om die draai, en ter viering daarvan het ons sustertyds­krif Weg ’n Toptert-veldtog begin om die land se allerbeste melkterte te gaan uitsnuffel. Dit was nie ’n maklike taak nie, want ons mense kén van bak en melktert bly ’n gunsteling.

Gaan kyk maar net op Facebook, waar meer as 3 500 mense nou al Nasionale Melktertda­g se blad gaan “Like” het. Op Instagram is derduisend­e foto’s van melkterte, en dis nie net plaaslik geneem nie; Suid-afrikaners bak dat dit klap in die buiteland en hulle internasio­nale vriende is gek oor ons melktert. Soek na #melktert, #melktertda­g of #milktart en jy sal verstom wees hoe ver in die wêreld dié gesogte Suid-afrikaanse lekkerny gebak word. Kyk hoe merk dié melktertme­nse hulle foto’s... “gemaak met liefde,”“local is lekker” en “kom kuier weer”. Melktert is mos maar ’n hartsding. Maar wag, terug na die Toptert: Inskrywing­s het van heinde en ver ingestroom en Martjie Malan van Koekedoor- faam het hulle met haar kennersoog deurgelees. (Martjie besit die bakkery-en-koffiewink­el M Patisserie op Stellenbos­ch.)

Maar ’n melktert kan jy nie net op papier beoordeel nie; dus het sy en die Weg- joernalis Sophia van Taak deur die land gaan reis om elkeen van die vyf finaliste te besoek en by hulle in die kombuis te sit terwyl hulle melktert bak. Daarna het hulle geproe...

As jy wil weet wie se tert gewen het, koop die Februarie-uitgawe van Weg, waar jy ook Martjie en Sophia se reis kan volg.

Niks keer jou om solank al aan die bak te kom nie. Hou daai skilferkor­s vannag goed koud – die oumense het mos geglo die beste lêplek daarvoor is bo-op die watertenk – en verras jou mense met ’n melktert vars uit die oond.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa