Weg! Platteland

EEN RIVIER DROOG, EEN VOL WATER

-

Jy weet van die Oranjerivi­er wat hier teen Kakamas verbyvloei. Maar weet jy dat hy skaars 20 km buite die dorp in ’n nou en diep rotsskeur afval?

Dis die plek van groot geraas, soos die Khoi-mense dit genoem het. Maar Augrabies is meer as net ’n ongeloofli­ke waterval. Dit maak deel uit van die Augrabies- nasionale park, en dis ’n Marsagtige landskap wat jou laat wonder hoe die paar springbokk­e, gemsbokke en skaars Hartmann se sebras hier oorleef.

Noord van Kakamas loop nog ’n rivier, ’n droë een. Die Moloporivi­er ontspring oos van Mahikeng en het net daar rond water. Die res van sy 960 km lange loop is droog. Sowat 70 km noord van Kakamas, by die gemeenskap van Riemvasmaa­k, borrel daar wel water uit die droë Molopo. Hier is warmbronne tussen hemelhoë kranse, en diegene wat al hier gelê en week het terwyl die volmaan hulle deur die spleet in die kranse dophou, kom keer op keer terug.

KONTAK Augrabies- nasionale park sanparks.co.za/parks/augrabies/ Riemvasmaa­k-warmbronne en verblyf 073 383 8812

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa