Weg! Platteland

Eet, drink, wees plesierig!

-

DRENTEL EN KOOP • Die Pienk Padstal Dié padstal net buite Kakamas gaan jy moeilik miskyk. Die plek is, ja, helderpien­k geverf. Die mense wat hier werk – mense soos Barbie Solomons – is die vriendelik­heid vanself. Daar’s ’n magdom konfyte en ingelegde en droëvrugte om van te kies, en die lekker skaappaste­i en vetkoeke, sê hulle, is wêreldbeke­nd. Waar? Net buite Kakamas, reg langs die N14 op pad na Keimoes. Kontak 054 431 1457

Die Pienk Padstal • Oranjerivi­er-wynkelders Kom proe en koop wyn. Jy kan ’n keldertoer doen en onder meer kyk na die hordes massiewe tenks waarin die wyne geberg word. Jy sal gou sien waarom OWK een van die grootste wynkoöpera­sies ter wêreld is. Waar? Neem die N14 in die rigting van Pofadder. Net buite Kakamas draai jy links af na die kelder. Kontak 054 431 0830

orangerive­rwines.com • Die Mas Jy kan aan Die Mas se eie wyne en brandewyn teug terwyl jy onder ’n prieel sit en booor hulle groen wingerde na die Oranjerivi­er kyk. Die kinders (en ouers) kan donkiekar ry én vir die plaasdiere kos gee. Waar? Sowat 3 km buite Kakamas. Volg net die aanwysings­borde uit die dorp. Kontak 054 431 0245

diemasvank­akamas.co.za MA, EK IS HONGER! • Yanuck Dis die plek vir ligte middagetes of ’n heerlike sny koek uit Monika Vermaak se kombuis. Waar? Langs Voortrekke­rstraat, regoor die Hoërskool Martin Oosthuizen. Kontak 054 431 0788 • Rose Café Koos van der Merwe en sy personeel doen baie moeite om jou kos nie net heerlik te berei nie, maar ook mooi. Probeer ’n omelet. Waar? By die Belvedere-gastehuis, langs die N14 op pad na Pofadder. Kontak 054 431 1600 • Roast Bistro Vir die beste koffie en cappuccino op Kakamas kom jy hierheen. Die kos is ook lekker – en jy kan pizza bestel.

Waar? By die vierrigtin­gkruising by die dorp se ingang op die N14.

Kontak 054 431 0542 • Vergelegen Almal op Kakamas is dit eens: As jy jouself wil bederf met ’n heerlike aandete, gaan jy Vergelegen toe. Dis ’n plaasresta­urant wat deur die dag ook oop is as ’n koffiewink­el met ligte etes. Waar? Sowat 5 km buite Kakamas, langs die N14 op pad na Keimoes. Kontak 054 431 0976 BLYPLEK • Palmhof-chalets Hier is netjiese huisies of kamers. En ’n swembad om in te duik as dit warm raak. Waar? Palmhof is langs die N14 as jy Kakamas van Keimoes se kant af binnery. Kontak palmhofcha­lets.co.za

054 431 1111 • Belvedere-gastehuis Hierdie gastehuis met sy houtvloere en baie netjiese kamers het behoorlik ’n huislike atmosfeer en Koos van der Merwe laat jou gou tuis voel. ’n Heerlike ontbyt is ingesluit by jou verblyf en jy kan ook saans hier eet. Kontak augrabies-belvedere.co.za

083 411 6857

 ??  ??
 ??  ?? Die Mas
Yanuck
Die Mas Yanuck
 ??  ?? Rose Café
Rose Café
 ??  ?? Roast Bistro
Roast Bistro
 ??  ?? Palmhof-chalets
Palmhof-chalets
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa