Weg! Platteland

Aan die hoof

-

Soos met enige platteland­se dorp is die hoofstraat Gansbaai se sakekern, en op Saterdagog­gende is dit bedrywig. Al die gewone geriewe en goedere is hier beskikbaar, tesame met eetplekke en snuisteryw­inkels. Sommige winkeleien­aars kla egter dat die breë, reguit strook pad slegs as deurgang dien na Kleinbaai, die hawe net buite die dorp van waar die meeste van die haaikykbot­e vertrek. Min besoekers en toeroperat­eurs neem die tyd om hier stil te hou en die dorp se hoeke en draaie te verken.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa