Weg! Platteland

Steunpilaa­r

-

Colin Olivier is al dertig jaar die toringoffi­sier by Danger Point se vuurtoring. Dié stukkie skiereilan­d net buite Gansbaai doen al meer as ’n eeu sy naam gestand: verraderli­ke rotsbanke wat kilometers die see in strek en al menige skip se einde beteken het. Die bekendste wrak is dié van die HMS Birkenhead, die luukse Britse passasiers­kip wat in 1852 hier op die rotse geloop het en die lewe van 445 mense geëis het. Dis ook om hierdie punt waar die berugte spookskip Die Vlieënde Hollander in 1881 na bewering die eerste keer gewaar is. Die vuurtoring is etlike jare later, in 1895, opgerig. Toe Colin in die jare sewentig hier begin werk het, is paraffienl­ampe nog as ligbron gebruik (vandag is dit ’n elektriese en outomaties­e meganisme). Daar is 99 trappies wat na die bopunt van die toring lei – as jy die asem het, kan jy kom klim.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa