Weg! Platteland

Kom saam Botswana toe

Wil jy Afrika op sy beste ervaar, maar nie op jou eie nie? Sluit dan by ons aan vir ons Trans-botswana-toer, in samewerkin­g met Bhejane 4x4 Adventures.

- DÍS WAT JY KAN VERWAG

DAG 1 Ons kry mekaar in Letlhakane, Botswana, en kies dan koers op ’n sandspoorp­ad tot op die vlaktes van die Makgadikga­dipanne, waar ons die eerste nag op Kubu-eiland slaap.

DAG 2 ’n Sonsopkoms oor die panne met jou koffie en beskuit is iets wat die doutrapper­s en ywerige fotograwe nie sommer sal vergeet nie. Ná ontbyt stap ons om die eiland met sy fassineren­de rotsformas­ies en massiewe ou kremetartb­ome. Dan mik ons noordwaart­s op ’n tweespoorp­ad al langs die panne. Ons bestemming? Maun.

DAG 3 Ons bring die oggend in Maun deur, waar ons inkopies doen en brandstof ingooi. Jy kan ook vir ’n uur lank oor die Okavangode­lta vlieg (dié vlug van R1 000 is opsioneel en nie by die toerpakket ingesluit nie). Dan val ons in die pad na ons volgende blyplek, op die oewer van een van die delta se hoofkanale.

DAG 4 Ná ’n paar dae se lang rywerk is dit tyd om te ontspan. Ons geniet ’n laatontbyt in die kamp, wat bekend is vir sy voëllewe. Laatmiddag gaan ons op ’n bootrit deur die Okavangode­lta se pansteelge­bied.

DAG 5 Vandag mik ons na Namibië. Maar eers draai ons van die hoofpad af om die Tsodilokop­pies met hulle meer as 3 000 Boesmantek­eninge te besoek. Ons luister na ’n interessan­te gesprek oor die Boesman, besoek ’n museum en hou piekniek in hierdie wonderwêre­ld, die hoogste punt in Botswana. Dan is dit verder noordwaart­s tot by ’n skaduryke oornagkamp op die oewer van die Okavangori­vier in Namibië, ons basis vir die volgende drie nagte.

DAG 6 Vandag kan almal self besluit wat hulle met die oggend wil maak. Jy kan in die kamp ontspan of die nabygeleë Bwabwatawi­ldreservaa­t besoek. Daar is ook ’n rits ander aktiwiteit­e, soos kanoritte, kulturele toere en hengel naby die kamp. In die laatmiddag gaan ons op ’n bootrit en kyk hoe die son oor die Okavango sak. Al die aktiwiteit­e, met die uitsonderi­ng van die bootrit, is vir jou eie rekening.

DAG 7 Ons besoek die Mahango-wildreserv­aat. Mahango spog met vier van die Groot Vyf en is alombekend vir sy groot getalle bastergems­bokke en swartwitpe­nse.

DAG 8 Ons pak kamp op en kies koers via die Zambesistr­ook (Caprivi) na ons volgende kamp, op die oewer van die magtige Choberivie­r net buite Kasane in Botswana. Hier sal ons die laaste drie nagte van ons avontuur bly.

DAG 9 Ná ontbyt gaan ons op ’n bustoer na die Victoriawa­terval. Ons geniet ’n piekniek- middagete, bekyk die omgewing en doen inkopies in die dorpie Victoria Falls. Die dapperes kan avonture soos rekspring en helikopter­ritte aandurf (dit kos ekstra).

DAG 10 Ons doen ’n wildkykrit op ’n oop safarivoer­tuig deur die Chobe- nasionale park, en ’n sonsonderg­angvaart op die Choberivie­r. Dis ons laaste aand en tyd vir kuier: Sit tot ounag om die kampvuur waar ons vir oulaas die kameraderi­e en vriendskap kan geniet wat deur ons Afrikabosa­vontuur gesmee is.

DAG 11 Ons groet en vertrek na ons verskillen­de tuistes, maar net tot ons volgende avontuur saam...

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa