Weg! Platteland

DIS WAT JY ALLES MOET WEET

-

Hoe lank is die toer? 11 dae, 10 nagte. Datums 21-31 Maart 2016; 24 Junie tot 4 Julie; 8-18 Julie; 11-21 Oktober. Waarvandaa­n vertrek die toer? Lethlakane, net suid van die Makgadikga­dipanne in Botswana. Wat moet ek bring of betaal?

• Jou eie voertuig en brandstof

• ’n Matras of kampbed, beddegoed en kampstoele

• Drankies en snoepgoed

• Mediese versekerin­g, waaronder dekking vir noodontrui­mings

• Grenstarie­we en padbelasti­ng (Bhejane verskaf alle tente, tafels en eetgerei.) Waar slaap ek? In tente – jy hoef nooit self kamp te maak nie, want Bhejane se logistieke span doen dit vir jou. En kos? Bhejane se ervare bossjef maak vir jou drie heerlike etes per dag.

Hoeveel kos dit? R12 650 p.p. (halfprys vir kinders o.10). Die toerprys sluit in:

• Drie etes per dag

• Alle kamp- en parkgeld

• Tweerigtin­gradio’s

• Tente en spysenieri­ngstoerust­ing

• ’n Profession­ele toerleier en ervare veldgids.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa