Weg! Platteland

Voertsek, jou vabond!

Meng jou eie tuinvriend­elike pesdoders met hierdie vyf resepte wat Vanessa self getoets het – of vat ’n verantwoor­delike kortpad met organiese pesdoders wat kommersiee­l beskikbaar is.

-

SLAKKE

Jy benodig • 1 koppie (250 ml) vulkaniese rots-as of hout-as (gebruik hout-as uit jou braai, maar bly weg van braaibrike­t-as)

Só maak jy Grawe ’n slootjie (3 cm diep, 10 cm breed) om jou beddings en vul dit met die poeier. Gooi ná reën ’n vars droë laag, of verkrummel die as in ’n sagte poeier nadat die son al die water weggebak het. Hou Vir ewig. Werk Dadelik. Wend dit aan Laatoggend op ’n sonnige dag.

Wend dit weer aan As dit nat word.

Werd om te weet • Stel jou voor hoe ’n eetlepel droë meel in jou mond sal voel – die poeier het dieselfde uitwerking op ’n slak se lyf. • Vulkaniese rots-as bevat spooreleme­nte wat die grond sal voed, maar groot hoeveelhed­e hout-as kan tot ’n magnesiumt­ekort lei. ’n Goeie teenvoeter is om 50 g Engelse sout in 4 liter water op te los en dié mengsel op die blare te spuit om magnesium aan die plant te verskaf. Organiese alternatie­f uit die winkel Biogrow Ferramol

MIERE

Jy benodig • ½ koppie (125 ml) koeksoda • ½ koppie (125 ml) versiersui­ker

Só maak jy Meng die twee bestanddel­e en sprinkel dit waar die miere loop of los ’n bietjie in ’n vlak bakkie waar die miere uit die muur kom. As jy dit buite gebruik, moet jy iets bo-oor sit en ’n opening maak waar die miere kan inkom. Hou Etlike maande. Werk Binne 24 uur. Wend dit aan Enige tyd is goed, maar die mengsel moet droog bly om doeltreffe­nd te wees.

Wend dit weer aan By enige nuwe plek waar die miere uitkom – hulle sal die plekke vermy waar jy die poeier neersit.

Werd om te weet • Slegs versiersui­ker is fyn genoeg om die koeksoda te verbloem – ander soorte suiker sal nie werk nie. • Die mengsel moet poeieragti­g wees om doeltreffe­nd te bly – roer dit gereeld om dit sag te hou. Dit sal nie werk as dit nat of hard word nie. • Om van ’n hele mierkoloni­e ontslae te raak kan jy ¼ koppie (60 ml) koeksoda en 1 liter witasyn meng en dit by die miersgat afgooi. Asyn is ’n natuurlike onkruiddod­er; moet dit dus nie in jou blom- of groentebed­dings gebruik nie, anders sal jou plante ook vrek. Organiese alternatie­f uit die winkel Biogrow Pyrol

PLANTLUISE

Jy benodig • 1 knoffelbol • 4 uie • 1 eetlepel (15 ml) brandrissi­es

(opsioneel, vir ekstra oemf) • 2 eetlepels (30 ml) sonneblom

of canola-olie • 2 eetlepels (30 ml)

skottelgoe­dseep

Só maak jy Kap die knoffel, uie en rissies grofweg en gooi dit in ’n emmer. Gooi 3 liter kookwater oor en laat dit vir 24 uur trek. Gooi dit deur ‘n sif. Voeg die olie en skottelgoe­dseep by, skud dit en spuit dit direk op die insekte. Hou 2 weke in die yskas. Werk Binne 24 uur. Wend dit aan Teen skemertyd in droë weersomsta­ndighede.

Wend dit weer aan Elke 2-3 dae tot die luise boedel oorgee.

Werd om te weet • Die knoffelgeu­r sal vir 3-4 weke aan die plant klou – moet dit dus liefs nie voor oestyd of enigsins op blaargroen­te soos slaaiblare of spinasie gebruik nie. • Moenie dit op peulgewass­e

spuit nie. • Onthou, hierdie kragtige insekdoder sal insekte in alle stadiums laat vrek. Dit wis ook alle soorte kewers, motte, dopen wolluise, witvlieg, snywurms, rooispinne­kopmyte en slakke uit en werk selfs as swamdoder. Organiese alternatie­f uit die winkel Biogrow Bioneem, Biogrow Pyrol of Biogrow Neudosan

RUSPES

Jy benodig • 2 teelepels (10 ml)

skottelgoe­dseep • 1 liter warm water • 1 teelepel (5 ml) neem-olie

Só maak jy Meng die skottelgoe­dseep en warm water en voeg dan die olie by. Gooi dit in ’n sproeibott­el en skud dit goed. Skud die bottel gereeld terwyl jy spuit om te keer dat die olie en vloeistof skei. Spuit dit direk op die ruspes of onder die blare op hulle eiers. Hou 1 maand. Werk Binne 24-48 uur ná kontak of binne 3-5 dae nadat die ruspes die blare eet wat jy gespuit het.

Wend dit aan In die laatmiddag in droë weersomsta­ndighede.

Wend dit weer aan Elke 5-10 dae tot die pes weg is, of ná reën.

Werd om te weet • Die neem-olie kleef aan die blare, wat die ruspes dan eet. Die neem-olie befoeter die ruspes se spysverter­ingstelsel en keer dat hulle motte word. • Spuit die mengsel liefs in die aand sodat dit nie voordelige insekte wat gedurende die dag aktief is skade aandoen nie. • Diatomiet, beter bekend as

diatomaceo­us earth, is baie doeltreffe­nd teen ruspes indien die poeier direk op die insek gesprinkel word. Organiese alternatie­f uit die winkel Margaret Roberts Biological Caterpilla­r Insecticid­e

POEIERAGTI­GE MEELDOU

Jy benodig • 100 ml volroommel­k •150 ml water

Só maak jy Meng die melk en water in ’n sproeibott­el. Spuit die blare van bo af sopnat en lig dit dan op om ook die onderkant te spuit. Maak seker die hele blaar is deurdrenk. Onthou, hierdie sproei maak net die swam dood en keer dat dit versprei – besmette blare sal nie weer groen word nie. Hou vir 48 uur in die yskas. Werk Binne 24-72 uur. Wend dit aan Vroegoggen­d in

sonnige weer.

Wend dit weer aan Elke 3-7 dae tot die skimmel verdwyn; ná reën; of as ’n voorkomend­e maatreël elke 2 weke.

Werd om te weet • Vermy pesweersta­ndigheid deur die sproei elke 4 weke af te wissel met ’n mengsel van 1 eetlepel (15 ml) koeksoda, 3 liter water en 2½ eetlepels (37,5 ml) sonneblomo­fof canola-olie. • Die melk reageer met sonlig en vorm ’n swamdoder wat ook die plant se immuunstel­sel ’n hupstoot gee. • Begin die blare spuit die oomblik as jy die meeldou gewaar – dit is hoogs aansteekli­k en sal vinnig versprei. As die blare eers geel word en afval, is die plant en oes daarmee heen. Organiese alternatie­f uit die winkel Biogrow Copper Soap.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa