Weg! Platteland

Die diatomiet-doodskoot

-

Wat is dit? Diatomiet, ook bekend as diatomaceo­us earth, is ’n grys poeier van versteende mariene fitoplankt­on.

Hoe werk dit? Dit is ’n fisieke pesdoder – nie ’n chemiese middel nie – en daarom kan peste nie weerstand opbou nie. Die verpoeierd­e fitoplankt­on-skelette bestaan uit amper suiwer silika en ’n paar spooreleme­nte. Onder ’n mikroskoop lyk dit soos glasskerwe. As ’n insek daarmee in kontak kom, klou dit soos Velcro en begin die sagte eksoskelet binnedring, wat die insek laat ontwater en vrek.

Is dit skadelik? Daar bestaan heelwat meningsver­skil oor diatomiet (die ekoloog Dave Pepler is byvoorbeel­d glad nie ’n aanhanger nie) omdat dit dodelik is vir amper alle insekte, veral miere, vlooie, kakkerlakk­e, ruspes en ja, ook voordelige insekte (maar nie erdwurms nie). Diatomiet is egter heeltemal veilig vir mense en diere. Baie mense eet voedselgra­ad-diatomiet as ’n kolonreini­ger en ontwurming­smiddel, en dit word ook in kommersiël­e ontwurming­smiddels en vlooipoeie­r vir troeteldie­re gebruik.

Onthou, diatomiet moet droog wees om te werk; gebruik altyd voedselgra­ad-diatomiet (nooit die swembadsoo­rt nie); en moet nooit die poeier inasem nie.

 ??  ?? Raw Love Diatomaceo­us Earth vir troeteldie­re (350 g)
R79 Sprinkel dit oor jou katte en honde se pels en borsel hulle dan om van vlooie en bosluise ontslae
te raak. Jy kan dit ook oor hulle kos sprinkel as ’n ontwurming­smiddel.
Faithful to...
Raw Love Diatomaceo­us Earth vir troeteldie­re (350 g) R79 Sprinkel dit oor jou katte en honde se pels en borsel hulle dan om van vlooie en bosluise ontslae te raak. Jy kan dit ook oor hulle kos sprinkel as ’n ontwurming­smiddel. Faithful to...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa