Weg! Platteland

Gariep-plante

Gariep-plante is ’n spesialisv­etplantkwe­kery in Faerie Glen, Pretoria, wat al 35 jaar sake doen. Skaars, interessan­te én doodgewone vetplante word van dié kwekery af reg oor die wêreld gestuur. Kotie Retief, die eienaar, vertel meer.

-

Waar het jou belangstel­ling in vetplante begin? “By die Vetplantve­reniging van Suid-afrika wat in die jare sestig en sewentig groot skoue in die Pretoriase stadsaal gehou het. Dit het baie mense met vetplante laat kennis maak.”

Wanneer het jy die kwekery begin? “Hier rondom 1980, en toe was dit baie klein. Sean Gildenhuys het hom in 2005 by die kwekery aangesluit en vandag is hy ’n vennoot.”

Hoeveel soorte vetplante het julle? “Dis moeilik om te tel. Hier is sekerlik duisende. Heelwat is baie skaars en hulle habitat word bedreig. Deur hulle beskikbaar te stel aan kliënte lewer ons ’n bydrae tot hulle bewaring in die natuur. Ons kweek die meeste van die vetplante van saad.”

Watter skaars vetplante verkoop julle? “’n Verskeiden­heid, hoewel die meeste versamelit­ems is. Dit sluit plante in soos die regte halfmens van die Richtersve­ld en Namibië, en die bedreigde spiraalaal­wyn of kroonaalwy­n van Lesotho.”

Wat is jou gunsteling- skaars vetplant? “Die regte halfmens ( Pachypodiu­m namaquanum). Ek dink almal moet minstens een keer in hulle lewe die moeite doen om na dié plant te gaan kyk in sy regte habitat. Hulle groei stadig – ek het plante wat ek in 1972 van saad gekweek het wat nou net meer as ’n meter hoog is.”

Wat maak vetplante ’n aanwins vir die tuin? “Oor die algemeen het hulle baie minder versorging nodig as ander plante, en die meeste kan lank sonder water regkom – dit maak hulle baie goeie plante vir ’n waterslim tuin. In die vaal wintermaan­de lewer vetplante ’n fees van kleur, maar eintlik is hulle regdeur die jaar mooi. Dink aan die wildedruif van Namibië wat blaarloos is in die winter, maar in die somermaand­e met pragtige groot blare spog. Die verskeiden­heid plantvorms en blaarkleur­e maak dat jy met ’n bietjie verbeeldin­g ’n pragtige tuin kan skep.”

Algemene wenke vir die ou wat ’n vetplanttu­in wil begin?

“Vetplante is lief vir ’n sonnige plek met grond wat goed dreineer en kan enige tyd van die jaar geplant word.”

Kontak 082 779 2612 kambroo.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa