Weg! Platteland

GOEIE GOGGAS VS. PESTE EN PLAE

Tans vier die tuin fees, maar so ook die onkruid, peste en plae. Agro-organics, wat spesialise­er in organiese landboupro­dukte, het nou ook van dié produkte vir die huistuinie­r beskikbaar gestel.

-

Strauss Ferreira, eienaar van Agro-organics, was eers ’n landbounav­orser oor wingerdsie­ktes. “Ek het op verskeie biologiese produkte afgekom met groot potensiaal vir die beheer van siektes en insekte op wingerd,” sê hy. “Ek het ook te doen gekry met organiese boerderypr­aktyke. Die gedagte om weg te doen met chemiese middels het my laat besluit om ’n besigheid te begin.”

Strauss sê in 2000 was daar net ’n handjie vol organiese boere in Suid-afrika, maar tans maak baie boere van dié produkte gebruik, veral omdat daar ’n groter aanvraag na organiese vrugte en groente is. Laasjaar het Agro-organics vyf produkte vir die huis- en tuinmark bekend gestel.

XTERMINATO­R word gemaak van krisantblo­molie wat uit Kenia ingevoer word en werk op die senustelse­l van die insek. Insekte bou nie maklik weerstand op teen die produk nie.

CITRO-CURE bestaan uit sitrusolie, met die aktiewe bestanddee­l limonien. Dié stof los die chitien in die insek se skelet op en droog só die insek uit.

BIO-NEEM word vervaardig met neemboomol­ie uit Indië en word al meer as 200 jaar gebruik vir insekbehee­r.

BIO-INSEK bestaan uit die spore van die swam Beauveria

bassiana, ’n parasiet op meer as 400 insekspesi­es.

BIO-IMPILO, wat as blaarvoedi­ng aangewend kan word, bevat metaboliet­e van die Tricho

derma- swam, wat plantweers­tand aktiveer en algemene groei en wortelgroe­i stimuleer. Prys R60 vir elke produk.

Kontak 021 851 2403 agro-organics.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa