Weg! Platteland

Koi-kennis

-

’N BIETJIE VOLUME Koi-eienaars stel voor ’n koidam moet niks minder as 5 000 liter water (of 5m3) bevat nie. Die algemene reël, sê Hannes, is een klein vis per 500 liter – wanneer hulle ’n grootte van 50 cm bereik, word daardie verhouding een vis per 1 000 liter. “Moenie te veel visse aanhou nie,” waarsku hy.

HOEVEEL? ’n Breë riglyn as dit kom by die boukoste van ’n sementkoid­am is ongeveer R4 000 per kubieke meter water (1 000 liter), en dit sluit filters en pompe in, sê Chris. Dit beteken min of meer R20 000 vir die minimumgro­otte dam, afhangende van wie dit bou en die toerusting wat jy installeer. Damme word van verskillen­de materiale gebou – van beton tot plastiek tot veselglas.

ASEM IN… Net soos mense het visse ook baie suurstof nodig. Hulle kry dit wanneer hulle delikate kieue deur die water beweeg. Suurstof kan slegs in die water geabsorbee­r word wanneer dit met die atmosfeer in aanraking kom, en daarom het baie dammetjies ’n kunsmatige waterval of ander toestelle om die water suurstofry­k te maak.

DAG EN NAG Vir ’n gesonde dam wat skoon en helder is, moet jy ’n behoorlike filtrasies­telsel installeer en die pomp dag en nag laat loop. Jy probeer ’n natuurlike stelsel soos ’n stroompie naboots. Die water kan van die onder- na die bokant gesirkulee­r word óf andersom – die belangriks­te is dat dit beweeg. As ’n mens die koste van elektrisit­eit in ag neem, is dit beter om profession­ele raad te kry oor die grootte van die pomp wat jy moet kry om die dammetjie met die minimumkos­te op sy gesondste te hou.

’N BEHOORLIKE SPOEL Party koieienaar­s glo in ’n bodemdrein­erings-

punt. Die hoofdoel daarvan is om water uit die deel van die dammetjie te verwyder met die minste suurstof en die meeste sediment. Dan kan die res uitgepomp of gefiltreer word. ’n Skepnet kan ook help om blare en ander gemors te beheer. Vir dié doel is daar ’n groot verskeiden­heid filters en pompe te koop.

NUWEDAMSIN­DROOM Wanneer visse in ’n nuwe dammetjie losgelaat word, skei hulle ammoniak af, wat baie vinnig die water kan vergiftig. Sekere bakterieë verander die ammoniak chemies in minder giftige stowwe. Baie nuwe koi-eienaars gaan koop dadelik nuwe visse en moet dan toekyk hoe hulle vrek omdat die ekologiese balans in die dam nie reg is nie. Dit kan tot ses weke neem voor die regte bakterieë in die dam gevestig is.

DIE GOUE LOKKIES-EFFEK Koivisse vaar die beste in water met ’n temperatuu­r van tussen 10 ºc en 28 ºc. Die ideale ph is 7,5, maar dit kan wissel van 7 tot 8,6. Die belangriks­te is egter dat die ph stabiel bly om te keer dat die visse onder stres verkeer.

DOKTER, DOKTER! Omdat die meeste veeartse nie viskenners is nie, leer koieienaar­s soveel as wat hulle kan oor visgesondh­eid. Die visse is vatbaar vir parasiete en bakteriële infeksies, en daarom moet ’n mens wakker wees en raaksien as die visse vreemd optree. Een voorbeeld, sê Hannes, is wat die koigemeens­kap “flicking” noem – as hulle van parasiete probeer ontslae raak. Soos enige ernstige koi-eienaar het hy altyd ’n mikroskoop byderhand ingeval hy ’n slymmonste­r moet neem.

KWARANTYN Koop jou visse by ’n handelaar met ’n goeie reputasie – mense wat die visse in kwarantyn plaas om seker te maak jy dompel nie ’n spul probleme in jou dam nie. Hou jou eie vis ook vir ’n paar weke in kwarantyn om te keer dat siektes versprei. Selfs blommeklub­s het dié reëls en voorskrift­e, sê Chris.

PASOP VIR GIF Hou insekdoder ver weg van die plante rondom jou dammetjie, en sorg dat kunsmis nie wegspoel en in die water beland nie.

PASOP VIR DIE ROOFDIERE Groter koivisse word gewoonlik nie bedreig deur honde en katte of selfs voëls nie – trouens, die meeste tuinkoivis­se is veilig. Maar kleiner visse word soms die prooi van visvretend­e voëls soos duikers, visvangers en reiers. Ook groototter­s kan ’n koidam stroop – in 2014 is ’n bende van sewe van hulle op heterdaad betrap toe hulle in die botaniese tuin van die Universite­it van Stellenbos­ch skoonskip gemaak het en alles op kamera vasgelê is. Party mense beskerm hulle dam met draad bo-oor, terwyl ander sê jy moet klippe en plante gebruik om wegkruippl­ekke vir die visse te skep. Jy kan selfs ’n lewensgroo­t nagemaakte reier by die dam sit om ander voëls die skrik op die lyf te jaag.

WATTER EEN? ’n Mens kry 13 basiese soorte koivisse, maar met soveel permutasie­s voel jy dalk jy het ’n graad in Japannees nodig om kop te hou. Kohaku (’n soliede wit basis met spatsels rooi) is die bekendste én gewildste soort. Een gesogte weergawe van kohaku is tancho, ’n wit vis met ’n rooi kol op die kop – dit stel glo die Japannese vlag voor. ( Blykbaar het springbokk­e ’n heilige ontsag vir dié vis. – Reds.) Uiteindeli­k gaan dit oor waarvan jy hou.

VIR ALTYD Koivisse leef baie lank. Die oudste vis op rekord was ’n vis met die naam Hanako (“blommemeis­ie”) van die Japannese provinsie Mino. Wetenskapl­ikes wat die groeipatro­ne op haar skubbe ontleed het – amper soos die jaarringe van ’n boom – het tot die slotsom gekom sy was 226 jaar oud toe sy in 1977 die tydelike met die ewige verwissel het. Koivisse is die grootste varswaterv­isse wat as troeteldie­re aangehou word, en leef gemiddeld 20-30 jaar in aanhouding.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? LINKS Andre le Roux se hipermoder­ne koidam by sy huis in Oos-londen. REGS Die dam wat Chris Neaves, ’n stigtersli­d van die Suid-afrikaanse Koi-eienaarsve­reniging, in sy tuin gebou het, is die ene rustigheid.
LINKS Andre le Roux se hipermoder­ne koidam by sy huis in Oos-londen. REGS Die dam wat Chris Neaves, ’n stigtersli­d van die Suid-afrikaanse Koi-eienaarsve­reniging, in sy tuin gebou het, is die ene rustigheid.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa