Weg! Platteland

MAAK SELF ROSYNTJIES

-

“Hoe soeter die druiwe, hoe lekkerder die rosyntjies,” meen Gog van der Colf ( foto

links), besturende direkteur van die enigste organiese rosyntjiep­akker in Suid-afrika, Carpe Diem Raisins in Kanoneilan­d in die Noord-kaap.

Vir die huistuin beveel Gog die flamekulti­var of sultanas aan omdat dit lekker is om vars te eet én jy kan rosyne daarvan maak. Dié kultivars is egter sensitief vir reën. “In ’n somerreënv­alstreek sal ek die meer geharde ARRA15 plant. Dit het ’n groot korrel, eet lekker vars, en maak mooi rosyne.

“Rosyndruiw­e word gepluk vanaf 21 grade Balling. As die eerste korrels op die tros begin verbruin en rosyne vorm, dan weet jy die druif se suiker is baie hoog en reg vir droog.

“Sny die druiwe af wanneer dit soet genoeg is en pak dit op ’n tafel of stukkie skadunet in direkte son,” sê Gog. “Ná twee weke behoort die druiwe rosyntjies te wees, afhangend van hoe warm dit is en hoe droog die lug is.”

Hoe dunner jy die trosse uitsprei, hoe vinniger sal dit droog. Dit is belangrik om die druiwe sag te hanteer, want hoe minder jy die korrels beskadig, hoe beter sal die rosyne se gehalte wees. As dit lyk na reën, sal dit goed wees as jy jou rosyne toemaak met ’n seil of onder ’n afdak inskuif.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa