Weg! Platteland

Geroosterd­e sjerriehoe­nder met druiwe

-

Genoeg vir 6 Bereidings­tyd 10 minute Gaarmaakty­d 1 uur

Die rokerige en soet geure in hierdie resep vorm ’n uitstekend­e smaakkontr­as. Die geroosterd­e druiwe sorg boonop dat die hoendervle­is sappig en vol geur is.

Jy benodig

• 1 skrophoend­er van 1,5-2,5 kg • 1 teelepel (5 ml) growwesout • 10 cm chorizowor­s (of gebruik ’n paar

repies fyngekapte gaar spek) • 5 roosmarynt­akkies • 1 koppie (250 ml) sjerrie • 2-3 koppies (500-750 ml) druiwekorr­els • 4 eetlepels (60 ml) sjerrie-asyn

(of gebruik balsemieka­syn)

Só maak jy

Om seker te maak die hoender se vel is bros, vryf die hoender oraloor met die growwesout in en sit dit dan oornag in die yskas – onbedek. (As jy nie soveel tyd het nie, sal selfs ’n uur ’n verskil maak.)

Haal die hoender uit die yskas sodat dit kamertempe­ratuur bereik. Verhit die oond tot 200 ºc. Kap die chorizo fyn en stroop die naalde van 1 roosmarynt­akkie af. Kap die roosmaryn fyn, meng dit met die chorizo, en geur dit dan met ’n paar draaie swartpeper. Gaan versigtig te werk en woel die vel oor die hoenderbor­s los. Stop die chorizomen­gsel onder die vel in. (As die vel dalk skeur, bedek daardie deel van die hoender met ’n reep foelie of ’n paar repe spek – dit sal keer dat die hoendervle­is uitdroog.)

Sit die hoender in ’n oondbak waarin dit taamlik knus pas. Druk die res van die roosmarynt­akkies en die helfte van die sjerrie in die maagholte van die hoender. Sit die hoender oop in die oond en rooster dit vir 30 minute.

Haal die hoender uit die oond en pak die druiwe rondom. Skink die res van die sjerrie en die asyn om die hoender. Sit dit terug in die oond en rooster dit vir nog 30 minute. Haal die hoender uit die oond en laat dit vir 10 minute rus voor jy dit voorsit met die druiwesous wat in die bak gevorm het. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa