Weg! Platteland

Piekeldrui­we

-

Maak 500 ml Bereidings­tyd 10 minute Die sterk speserysma­ak van die piekel vra vir ’n kaasbord met sterk kase soos beleë cheddar of gruyère of ’n lekker ryp brie. Of jy kan die druiwe in ’n slaai met spinasiebl­are en salami gebruik. Vir variasie kan jy ’n knippie rissievlok­kies of ’n takkie tiemie of roosmaryn byvoeg.

Jy benodig

• 500 g druiwe

• 1½ koppie (375 ml) appelasyn (of gebruik ’n gegeurde asyn van jou keuse)

• 1 koppie (250 ml) donker bruinsuike­r

• 1 koppie (250 ml) water

• 1 teelepel (5 ml) elk heel mosterd- en vinkelsaad

• 10 cm vars gemmerwort­el, in dun skyfies gesny

• 3 steranyse

• 2 eetlepels (30 ml) koljanders­aad

• 2 kaneelstok­kies

• 2 lourierbla­re

Só maak jy

Spoel die druiwe af en sny ’n kruisie in die deel van die korrel waar die stingel was – sodoende kan die pekel lekker intrek (óf sny die korrels middeldeur). Pak die korrels in flesse – so halfpad vol sodat daar plek is vir die vloeistof.

Sit die res van die bestanddel­e in ’n kastrollet­jie en verhit dit tot die suiker opgelos het. Wag tot dit begin kook en gooi dit dadelik oor die druiwe in die fles sodat die korrels bedek is. As jy wil hê die korrels moet kraakvars bly, koel die vloeistof eers af voordat jy dit oorgooi – maar dan sal die druiwe ook nie so sterk gepekel word nie. Laat die flesse afkoel, skroef die deksels op en sit dit vir minstens 24 uur (maar verkieslik 48 uur) in die yskas voordat jy dit gebruik. Dit sal vir tot ’n maand hou.

Pure platteland!

Die druiwe lyk baie mooi, en omdat dit so vinnig is om te maak, is dit ’n lieflike geskenk om saam ’n brood en ’n stuk kaas in te pak as jy vir die bure gaan kuier.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa