Weg! Platteland

Kaaskoek met druiwe

-

Genoeg vir 6-8 Bereidings­tyd 20 minute Stoltyd 6 uur of oornag

Jy benodig

• 1½ koppies (375 ml) water

• 1 boks (250 g) Ina Paarman se Suurlemoen kaas koekmengse­l

• 1 koppie (250 ml) vars room

•1 pakkie (125 g) vingerbesk­uitjies

• ½ koppie (125 ml) sjerrie of Van der Hum

likeur of lemoensap

• 500 g rooi of swart druiwe

• 500 g groen druiwe

• 1 koppie (250 ml) Griekse jogurt

• ¼ koppie (60 ml of 25 g) amandelvlo­kkies,

liggies gerooster in ’n klein droë pannetjie

Só maak jy

Meet die water af in ’n middelslag-mengbak. Sprinkel die Kaaskoekme­ngsel oor die water en klits dit tot dit goed gemeng is. Klits die room in ’n kleiner mengbakkie tot dit net-net ferm is. Gebruik dieselfde klitser en klits weer die kaaskoekme­ngsel tot dit glad is. Vou die geklitste room liggies by die kaaskoekme­ngsel in met ’n spatel of metaallepe­l en roer dit tot alles gemeng is. Skep ’n derde van die kaaskoek in die opdienbakk­ies en maak die bokant gelyk.

Sny die vingerbesk­uitjies middeldeur en doop dit in die sjerrie, likeur of sap. Pak die koekies regop teen die rand van die bakkies (soos op die foto). Pak dan die res van die koekies, ook gedoop in sjerrie, en die kaaskoekme­ngsel in lae in die bakkies. Smeer die jogurt oor die nageregte en skep laastens die druiwekorr­els bo-op. Bedek die bakkies en sit dit vir ’n paar uur of oornag in die yskas om te stol. Sprinkel van die geroosterd­e amandelvlo­kkies oor net voordat jy dit voorsit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa