Weg! Platteland

SÓ ROOK JY TUIS

Hoeveel kole jy nodig het en hoe lank jy iets moet rook, word bepaal deur dít wat jy rook, maar die metode bly dieselfde.

-

1 Pak braaibrike­tte in jou ketelbraai en steek dit aan – moenie die soort brikette gebruik wat met aansteekvl­oeistof behandel is nie.

2 Plaas ’n paar hande vol saagsels

op ’n groot stuk foelie. Vou die foelie toe soos ’n koevert en maak drie kepies van omtrent 3 cm in die bokant – dit is waardeur die rook gaan ontsnap. Jy kan ook die saagsels week en nat op die kole sprinkel, maar die foeliepakk­ie is beter omdat dit sorg dat die saagsels langer rook sonder dat dit die kole smoor of aan die brand raak.

3 Sodra die kole ’n grys lagie as kry, moet jy dit na die een kant van die braai toe krap.

4 Sit aan die teenoorges­telde kant

van die kole ’n groot foeliebak met water onderin die ketelbraai (of gebruik bier).

5 Sit die pakkie met saagsels (met die kepe na bo) halfpad bo-op die kole en wag tot dit begin rook.

6 Sit die rookrakkie of rooster bo-oor,

op die hoogste verstellin­g: Die vleis moet reg bo die water op die rooster gepak word. Sit die deksel op en draai die ventilasie­wieletjie halfpad oop. As jy vir langer as 2 uur gaan rook, sal jy die water, kole en saagsels moet aanvul. Moet egter nie die heeltyd loer nie – elke keer as jy die ketelbraai oopmaak, gaan ’n geweldige klomp hitte en rook verlore. Solank daar nog rook by die ketelbraai uitkom, is dit nog piekfyn!

7 ’n Braaitermo­meter sal handig te pas

kom om die temperatuu­r van die braai en vleis te toets, aangesien gerookte vleis baie anders lyk en voel as wanneer jy dit normaalweg braai.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa