Weg! Platteland

Tuisgemaak­te pastrami

-

Genoeg vir 6-8 Bereidings­tyd 30 minute plus pekeltyd Gaarmaakty­d 8-10 uur

Pastrami is skywe gepekelde, gerookte beesvleis (borsstuk, of dan brisket) wat dikwels in die winkel ’n klein fortuin kos. Om jou eie te maak het jy regtig net tyd nodig. En geduld. As jy nie pastrami wil maak nie en bloot die vleis wil rook en warm voorsit vir Sondagmidd­agete, volg jy dieselfde metode, maar los die pekelsout uit en los die vleis net vir een aand in die pekeloplos­sing.

Jy benodig

• 1,5-2,5 kg beesborsst­uk ( brisket)

• 1 koppie (250 ml) beesvleisa­ftreksel of bier

VIR DIE PEKEL

• 4 ℓ koue water

• 200 g growwe kosjersout

(of gebruik gewone growwesout)

• 42 g pienk pekelsout (opsioneel; sien “Werd om te weet” hiernaas)

• 300 g bruinsuike­r

• 1 teelepel (5 ml) gekneusde heel koljander

• 1 teelepel (5 ml) gekneusde heel komyn

• 1 teelepel (5 ml) gekraakte wonderpepe­rkorrels ( allspice)

• 8 knoffelhui­sies, fyngedruk

VIR DIE SPESERYLAA­G

• 1 teelepel (5 ml) droë rissievlok­kies

• 2 eetlepels (30 ml) heel koljanders­aad

• 2 eetlepels (30 ml) swartpeper­korrels

• 2 eetlepels (30 ml) heel mosterdsaa­d

• 1 wonderpepe­rkorrel

• ¼ koppie (60 ml) soutvlokki­es

Só maak jy

Maak die pekel Gooi 2-3 koppies (500-750 ml) van die water in ’n kastrol saam met die res van die pekelbesta­nddele en roer dit tot die suiker en sout opgelos het. Gooi dit saam met die res van die water in ’n diep bak wat 5 liter kan hou – die water moet koud of kamertempe­ratuur wees. Sit die vleis daarin en sit ’n bord met ’n gewig bo-op sodat die vleis die heeltyd met die pekelwater bedek is. Sit dit dan vir 1-3 dae in die yskas. Lig die vleis uit die pekel, druk dit met kombuispap­ier droog en sit dit dan vir ’n uur oop in die yskas om uit te droog.

Maak die speserylaa­g Rooster die speserye droog in ’n pan tot dit begin knetter en klap, meng die sout daarby in en vryf dan die vleis deeglik met die mengsel in. Laat dit vir 1 uur buite die yskas staan voordat jy die vleis rook.

Tyd vir rook Kry die roker reg. Jy het ook ’n braaitermo­meter nodig om seker te maak die ketelbraai of roker se temperatuu­r is ongeveer 120 ºc. Sit die vleis op die rookrakkie, maak dit toe en rook dit vir 4-5 uur. Jy sal elke uur of wat wanneer die temperatuu­r onder 110 ºc daal, 6-10 vars warm kole moet bysit.

Laastens oond toe Verhit die oond tot 110 ºc, sit die vleis in ’n oondbak of kastrol met ’n styfpassen­de deksel, gooi ’n koppie aftreksel of bier by, sit die deksel op en bak dit vir 4-5 uur tot die vleis ’n interne temperatuu­r van 85 ºc bereik. Laat die vleis bedek staan vir 30 minute voordat jy dit sny. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa