Weg! Platteland

Gerookte-eiervrugpa­tee

-

Genoeg vir 4 Bereidingt­yd 5 minute

Gaarmaakty­d 45 minute

’n Heel gebraaide of oondgebakt­e eiervrug het klaar ’n unieke rokerige geur. As jy dit boonop rook, raak dit ’n hemelse affêre.

Jy benodig

• 2 eiervrugte

• sap van 1 suurlemoen

• 2 knoffelhui­sies, fyngedruk

• ¼ koppie (60 ml) olyfolie

• ½ koppie (125 ml) jogurt

Só maak jy

Berei die roker voor. Sny die eiervrug in die lengte middeldeur, sit dit met die gesnyde kant op die rookrakkie en rook dit vir 30 minute.

Krap die sagte vleis uit die eiervrug en druk dit fyn saam met die suurlemoen­sap, knoffel, olyfolie en jogurt. Geur dit na smaak met sout en varsgemaal­de swartpeper. Sit die patee dadelik voor met soutbeskui­tjies of brood, gerookte fetakaas en gerookteri­ssiesous (resep hieronder) as ’n voorgereg.

WENK Die heel eiervrugte kan ook net so in die skil met krummels feta, gerookteri­ssiesous (resep hieronder), olyfolie en jogurt voorgesit word as ’n vegetaries­e hoofmaal. Ander groente, byvoorbeel­d heel blomkool of aartappels, kan op dieselfde manier gerook word – pas net die tyd aan volgens die soort groente.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa