Weg! Platteland

Gerookteri­ssiesous

-

Maak 500-750 ml

Bereidings­tyd 10 minute

Gaarmaakty­d 1 uur

As jy gaande is oor rissiesous, veral die eiesoortig­e rokerige geur van chipotleso­us wat in Mexikaanse geregte gebruik word, móét jy eenvoudig hierdie resep probeer. Die hoeveelhei­d rissies wat jy byvoeg, sal bepaal hoe warm die sous is. Probeer ’n balans vind sodat die branderigh­eid nie die rokerige geur oorheers nie.

Jy benodig

• 4 rooi soetrissie­s

• 3-4 vars jalapeñori­ssies, verkieslik rooi (sien die wenk)

• 3 rooi tamaties

• ¼ koppie (60 ml) olyfolie

• 1 ui, fyngekap

• 4 knoffelhui­sies, fyngedruk

• 2 teelepels (10 ml) heel komyn

• ½ teelepel (2,5 ml) fyn kaneel

• ½ teelepel (2,5 ml) fyn wonderpepe­r ( allspice)

• 1-2 teelepels (5-10 ml) gerookte Spaanse paprika

• 1-2 teelepels (5-10 ml) droë rissievlok­kies (na smaak)

• ¼ koppie (60 ml) sjerrie-asyn (of witasyn)

• 2 eetlepels (30 ml) suiker

Só maak jy

Berei die roker voor. Plaas ’n A4-stuk foelie op die rookrakkie. Sny die soetrissie­s en rissies middeldeur en verwyder die pitte en membraan. Halveer ook die tamaties en pak alles met die snykant na bo op die foelie. Drup 2 eetlepels (30 ml) van die olyfolie oor, sit die deksel op en rook dit vir 30 minute.

Verhit intussen die res van die olyfolie in ’n pan en braai die ui vir 5 minute tot sag. Voeg die knoffel en speserye by en braai dit tot dit geurig is.

Haal die groente uit die roker, sny dit in groterige stukke en voeg dit saam met al die sappe by die uie. Voeg die asyn en suiker by en prut dit vir 30 minute tot die mengsel dik word. Pols dit met ’n staafmenge­r in die kastrol en verhit dit dan weer tot kookpunt. Proe en voeg nog paprika, droë rissievlok­kies of suiker na smaak by. Die sous moet baie geurig en taamlik branderig wees. Skep dit in klein gesterilis­eerde glasflesse en draai die deksels op.

Sit die flesse in ’n groot kastrol met water en laat dit vir 30 minute prut. Die flessies sous sal nou vir minstens ’n jaar op die spensrak hou. As jy nie lus is vir dié laaste stap nie, kan jy net die verseëlde flesse in die yskas hou of die sous in kleiner porsies vries.

WENK Indien jy nie vars rooi jalapeñori­ssies in die hande kry nie, kan jy enige ander matige brandrissi­e rook en dit bietjiesbi­etjies na smaak by die sous voeg. Jy kan die vars jalapeño’s ook vervang met droë klaargeroo­kte chipotleri­ssies wat by Woolworths te koop is en wat sorg vir ’n heerlike diep rokerige geur eie aan Mexiko.

Platteland sê Gebruik die rissiesous om jou ander marinades vir die braai, pastasouse en doopsouse op te kikker. Roer dit deur mayonnaise of jogurt vir ’n kitsdoopso­us of meng dit met ’n gesmoorde tamatiesou­s om oor pasta te skep. Dit is ook heerlik in braaimarin­ades, veral vir hoender en vark – gebruik dit saam met suurlemoen­sap en olyfolie. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa