Weg! Platteland

Gerooktekn­offelbotte­r

-

Genoeg vir 4 Bereidings­tyd 10 minute Gaarmaakty­d 20 minute

Gerookte knoffel is heerlik in slaai- of pastasouse, óf maak gerooktekn­offelbotte­r – kook daarmee of sit dit voor saam met steak.

Jy benodig

• 2 heel vars knoffelbol­le

• 4 teelepels (20 ml) olyfolie

• 2 eetlepels (30 ml) vars origanum, gekap

• 100 g sagte botter

Só maak jy

Kry die roker reg. Sny die knoffelbol­le horisontaa­l middeldeur ( jy kan dit ook heel rook, maar die rook trek dieper in as dit oopgesny is). Pak die knoffel met die gesnyde kant na bo op die rookrakkie. Sprinkel die olyfolie oor en rook dit vir 20 minute. Druk die knoffel uit die skilletjie­s en meng dit na smaak met die origanum en botter. Voeg nog botter of knoffel by indien verkies. Krap die botter op ’n stuk foelie of kleefplast­iek uit en rol dit op soos ’n wors. Sit dit in die yskas of vries dit tot benodig. Sit ’n wieletjie knoffelbot­ter voor met soetpatat en gerookte camembert (sien resep hiernaas).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa