Weg! Platteland

Gerookte wors met gerookte-uiemarmela­de

-

Genoeg vir 4

Bereidings­tyd 5 minute

Gaarmaakty­d 45 minute

Jy kan enige wors – selfs boerewors – met dié metode rook en dit dan warm of koud voorsit.

Jy benodig

• 250 g wors

• 4 rooiuie, middeldeur gesny

• ¼ koppie (60 ml) suiker

• ¼ koppie (60 ml) sjerrieof balsemieka­syn

Só maak jy

Berei die roker voor. Pak die wors en uie op die rookrakkie, bedek dit en rook dit vir 15 minute.

Kap die uie fyn. Gooi dit saam met die suiker en asyn in ’n pan of kastrollet­jie en laat dit vir 30 minute oor lae hitte karamellis­eer. Skep die marmelade in twee gesterilis­eerde flesse en hou dit verkieslik in die yskas. Sit dit saam met die wors voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa