Weg! Platteland

Gerookte kaas

-

Genoeg vir 4

Bereidings­tyd 5 minute

Gaarmaakty­d 15 minute

Kaas moet eintlik koudgerook word, maar camembert- en fetakaas kan ook suksesvol in ’n ketelbraai gerook word – mits jy dit dadelik gaan gebruik.

Jy benodig

• 1 wiel camembert

• 1 heel blok (250 g) feta – verkieslik die soort wat nie in water verkoop word nie

Só maak jy

Berei die roker voor. Sny ’n stukkie foelie wat so groot is soos die kaas en sit die kaas daarop op die rookrakkie. Sit die ketelbraai se deksel op en rook dit vir 15 minute. Die camembert sal loperig raak en die feta sal sag en smeerbaar word. Sit dit dadelik voor met brood en vrugte of geroosterd­e groente. As die kaas afkoel, sal die tekstuur verander.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa