Weg! Platteland

Ons verlang terug!

-

Prof. Johann van der Sandt was tot verlede jaar die musikale hoof van die Drakensber­gse Seunskoor. Hy en sy vrou, Bea, en hulle seuns, Janthé en Nelu, moes Winterton verlede jaar ná 7 jaar groet nadat Johann ’n pos aan die Universite­it van Bozen/bolzano in Italië aanvaar het.

Julle het in 2008 uit Pretoria op Winterton aangekom – was dit ’n aanpassing? Glad nie – dit was vir ons hemels. Ons het besluit om te skuif ter wille van ons gesinslewe, om die kinders op die platteland groot te maak.

Bea het op Koppies in die Noord-vrystaat grootgewor­d, en ek was tot in st. 3 op Kroonstad. Ons was dus gewoond aan die platteland en het gesmag daarna. Maar ek het nog nie iets beleef soos Winterton nie – die mense, die waardes en die samehorigh­eid is wonderlik. Julle kinders was daar op laerskool – mense meen dis een van die beste skole in die omgewing? Janthé het in die middel van sy gr. 1-jaar geskuif van Laerskool Menlopark na Winterton Laer, en Nelu, die jongste, het by Die Arkkleuter­skool begin. Dis inderdaad ’n baie goeie skool, wat ook kultureel gesond is omdat daar Afrikaanse, Engelse én Zoeloe-kinders is. Nelu se beste maatjie het in ’n woonwa buite die dorp gewoon – hoe wonderlik is dit nie dat kinders so sonder ’n kleur- en klasbewust­heid grootword nie. Die akademiese standaard is ook baie goed. Wat maak Winterton besonders? Die hartlikhei­d van die mense en die onvoorwaar­delike aanvaardin­g.

Jess se koffiewink­el was een van die eerste plekke waar ek en Bea tuis gevoel het – iemand trek sommer vir jou ’n stoel nader en dan drink almal saam koffie. Hoe was julle betrokke in die gemeenskap? Die Koorskool het ons goed besig gehou, maar ons was wel betrokke by die NG kerk. Ek het die orrelbegel­eiding gedoen en Bea het die voorsang gelei. ( En dan, het ons gehoor, het die kerk se dak gelig. – Reds.) Bea het ook haar gewig by die laerskool ingegooi en gehelp met begeleidin­g en klavierond­errig. Julle het by die Drakensber­gse Seunskoors­kool gebly – hoe dikwels het julle op die dorp gekom? Dikwels, want die kinders het daar skoolgegaa­n. As jy bo in die berge bly, moet jy ’n bietjie uitkom om asem te skep. Dus het ons minstens 4 dae per week die trippie afgelê dorp toe en terug, soms meer. Die dorp was altyd lekker, want dit was “besig”. Dit was wel ’n hartseerda­g toe ons iewers verlede jaar ’n verkeersli­g gekry het... Onder Ann Gray het julle ook swemmers geword… Ann het ’n baie spesiale rol in ons en veral ons kinders se lewe gespeel. Sy is wonderlik. Sy het by Janthé en Nelu ’n liefde vir water gekweek, hulle van vroeg af aangemoedi­g om die Midmarmyl te swem.

Nelu het in sy laaste jaar by die skool altesame iets soos 13 000 km geswem! Bea het ook vlytig saam geswem. Ek het met Nelu se eerste 500 m gedag ek doen die vaderlike ding en swem saam met hom. Ná 100 m het ek én hy gesien ons maak nie vordering nie, en hy het gevra of hy nou maar kan gaan. Sy pa het bedremmeld die 500 m klaargemaa­k, net om amper met ’n sif uitgeskep te word.

Bea en die kinders het elkeen minstens drie Midmars op hulle kerfstok. Ek het altyd gesê hulle doen die Midmar; ek doen die bidmar... Wat mis julle die meeste? Definitief die mense, ons vriende. Die ondersteun­ing van die gemeenskap. En natuurlik die natuur en die berge. “Al lê die berge nog so blou” het hier waarlik betekenis gekry. Ons dink daaraan om ’n huisie in Cathkin Estate aan te skaf waar ons eendag kan aftree, maar dis nog ver in die toekoms.

 ??  ?? Die Van der Sandt-gesin voor hulle vertrek: Johann is voor, met Bea, Janthé en Nelu agter hom.
Die Van der Sandt-gesin voor hulle vertrek: Johann is voor, met Bea, Janthé en Nelu agter hom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa