Weg! Platteland

Kortrib-enpampoenb­redie

-

Genoeg vir 8 Bereidings­tyd 10 minute Gaarmaakty­d 4 uur Hierdie is ’n ryk, donker en lekker bredie – sorg net dat jy die temperatuu­r redelik laag hou sodat die vleis van die bene af smelt.

Jy benodig

• 3 eetlepels (45 ml) olie • 2½ kg beeskortri­b ( van 4 cm gesny • 1 groot ui, fyngekap • 2 knoffelhui­sies, fyngedruk • 2 eetlepels (30 ml) rissiepoei­er • 1 eetlepel (15 ml) fyngestamp­te

heel koljanders­aad • 2 eetlepels (30 ml) komynsaad • 1 teelepel (5 ml) vars origanum • 1 teelepel (5 ml) vars tiemie • 1 teelepel (5 ml) gerookte paprika • ¼ koppie (60 ml) srirachaso­us (of gebruik

enige ander rissiesous) • 2 eetlepels (30 ml) tamatiepas­ta • 2 eetlepels (30 ml) sojasous • 1-2 koppies (250-500 ml) donker bier

of aftreksel • ½ koppie (125 ml) sterk filterkoff­ie • 1 eetlepel (15 ml) onversoete kakaopoeie­r • 1 blikkie (410 g) tamaties, gekap • 500 g botterskor­sie of pampoen, in

groterige wiggies gesny

Só maak jy

in stukke Verhit die olie in ’n groot swartpot en braai die stukke vleis vinnig in sarsies tot goudbruin. Skep dit uit en hou dit eenkant. Gooi die ui, knoffel en speserye en kruie in dieselfde pot en roerbraai dit tot die ui sag en geurig is. Voeg die res van die bestanddel­e (behalwe die pampoen) by en verhit dit tot kookpunt. Pak die vleis terug in die pot, sit die deksel op, verlaag die hitte en laat prut dit vir 3½ uur tot die vleis sag is. ( Jy kan ook die pot met sy deksel in ’n oond van 130 ºc sit.)

Pak die pampoenstu­kke in die pot en prut dit vir nog 30 minute tot die pampoen sag is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa